Oor ons

Die Sentrum vir die Voorsetting van Professionele Ontwikkeling van die Vanderbijlparkkampus, Noordwes-Universiteit bied aan alle individue wat nog nie toegang het tot ’n universiteit het nie, die geleentheid om hulle vaardighede en kennis in die werkplek te verbeter.

Die sentrum het in September 2003 aan die NWU Vaal ontstaan en is verantwoordelik vir die administrasie van alle kortkursusse, werkswinkels en konferensies wat deur die kampus aangebied word. Die NWU is ’n meerdoelige openbare voorsiener. Universiteite rapporteer aan die Raad op Hoër Onderwys. Ons is verplig om onder leiding van die HOKK (die Hoër Onderwyssektor se ETQA) kwaliteitsversekeringstelsels vir kursusse ook te implementeer. Kortkursusse word deur die Institusionele Komitee vir Akademiese Standaarde (IKAS) van die instelling goedgekeur.