
VDK - Beroepsgesondheid en Veiligheid
Oor ons
Beroepsgesondheid en Veiligheid is ’n nuutgestigte eenheid op die Vaaldriehoekkampus wat nou met die Institusionele Kantoor saamwerk om nakoming van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid en sy regulasies te verseker.
Beroepsgesondheid en Veiligheid se doelwit is om die nodige stelsels te implementeer om ongelukke onder personeel deur middel van ’n doeltreffende gesondheid en kommunikasiestelsel en die doeltreffende bestuur van geïdentifiseerde risiko’s te voorkom.


