
FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE - VAALDRIEHOEKKAMPUS
Skool vir Tale
Skooldirekteur se verwelkoming
Welkom by die tuisblad van die Skool vir Tale. Op hierdie bladsy sal u inligting kry oor ons voorgraadse en nagraadse programme in Taalpraktyk, Kommunikasie, Taal en Literre Studies en Geesteswetenskappe. U sal ook inligting kry oor ons navorsingsaktiwiteite en ons taalkantoor, CTrans (Centre for Translation and Professional Language Services - sentrum vir vertaling en professionele taaldienste), waar ons vertaal-, redigeer- en subtiteldienste verskaf, en ook SDL-Trados-sagteware versprei.
Onder CTrans bied ons 'n verskeidenheid kortkursusse op die gebied van Taalpraktyk aan.
Kontak my gerus by JanLouis.Kruger@nwu.ac.za indien u meer oor enige van ons programme of aktiwiteite wil leer.
Groete
Prof Jan Louis Kruger


