Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE - VAALDRIEHOEKKAMPUS
Skool vir Basiese Wetenskappe

Vakgroepe

Filosofie

Geskiedenis
Die studie van geskiedenis verskaf insig in die gedrag en emosies van mense in die samelewing. Geskiedenis kan dus omskryf word as die studie van identifiseerbare gedragspatrone, en veral daardie handelinge wat vir die samelewing van belang is. Geskiedenis word nie net bestudeer ten einde kennis oor die verlede op te doen nie, maar ook om die hede met behulp van behoorlike kennis van die verlede te verstaan. Geskiedenis as 'n mens-georinteerde wetenskap het as deel van sy studieveld belangrike menslike gedrag binne 'n spesifieke gemeenskap of gemeenskappe. Mense is fassinerend, kompleks en onvoorspelbaar, en die studie van geskiedenis is dus 'n lewendige, opwindende en uiters aangename projek.

Openbare Bestuur en Administrasie
In die bre gesien, is Openbare Bestuur en Regering die studie van hoe teorie en praktyk gekombineer word om onder andere na die belangrikste behoeftes van gemeenskappe binne die samelewing van 'n staat om te sien deur effektiewe en doeltreffende openbare dienslewering deur die regering en sy wetgewende, regterlike en uitvoerende instellings op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlak.  

  • Meer spesifiek bestudeer Openbare Bestuur en Regering die volgende op 'n wetenskaplike manier: Plek en rol van die vak binne die openbare sektor van 'n staat soos Suid-Afrika

  • Aard en omvang van die Grondwet

  • Struktuur van die staat se wetgewende, regterlike en uitvoerende instellings

  • Aard en omvang van die openbare dienslewering in die drie sfere van regering

  • Bestuursprosesse soos beplanning, organisering, personeel en finansile bestuur

  • Plek en rol van etiek

  • Plek en rol van inligtingstegnologie

Politieke Studie
Die fokus van Politieke Studie is op politiek in die algemeen, en spesifiek op die konsepte van staat en regering. In terme van die staat en die regering is politiek direk aan besluitneming (beleidsformulering) gekoppel. Politieke besluitneming met betrekking tot groot groepe mense sal altyd gepaardgaan met die konsepte van mag en invloed, aangesien die feit dat die idees, voorkeure en belange van individue altyd sal verskil.

Teen hierdie agtergrond is die doelwit van Politieke Studie die sistematiese verduideliking van gebeure binne en buite die landsgrense. Dit verken ook die verhouding tussen verskillende state, die beleide van hierdie state, en waarom hierdie beleide binne die gebied van internasionale politiek geformuleer word.

Teologie