Printer-friendly version
Druk
-A A +A
Font grootte
RSS Invoer
Share this
   Stuur / Boekmerk

INLIGTING OOR

 

TEGNOLOGIE-OORDRAG EN INNOVASIE-ONDERSTEUNING

Oor Ons

Die Tegnologie–oordragkantoor ondersteun die kampusse met alle aspekte van die industrialisering en kommersialisering van hulle uitvindings, insluitend die volgende:

•  Hulp met befondsingaansoeke vir kommersialisering
•  Bemarking van tegnologie en kundigheid
•  Uitbouing van netwerke met die bedryf
•  Beskerming van intellektuele goedere

Die Kantoor help ook met:

•  Die soeke na kuns
•  Tegnologie  en marknavorsingsopnames
•  Skakeling met patentprokureurs
•  Industrialisering
•  Definiëring van markbehoeftes
•  Bestuur van gekose projekte
•  Vind en selektering van subkontrakteurs
•  Kommersialisering
•  Identifisering en selektering van vennote
•  Ontwikkeling en onderhandeling van kommersiële modelle en strukture
•  Bestuur van intellektuelegoedere-regte
•  Onderhandeling van lisensiërings  en ander tegnologie-oordragooreenkomste
•  Vestiging en mentorskap van newemaatskappye
•  Bestuur van bestaande lisensiëringsooreenkomste
•  Organisering en aanbieding van werkswinkels vir studente oor entrepreneurskap

Boodskap van die Institusionele Direkteur: Tegnologie-oordragkantoor

Die implementering van kundigheid raak elke personeellid van die NWU. Die Universiteit aanvaar sy rol as ’n streeksrelevante universiteit met ’n maatskaplike verantwoordelikheid wat die oordrag van sy kennis aan sakeondernemings en gemeenskappe insluit ten einde te help om Suid-Afrika te ontwikkel.

Bykans enige navorsing of ontwikkeling by die NWU het kommersiële of interne nut. Ons kundigheid lei tot kennis wat versprei kan word deur middel van:

• Studiegidse, boeke, kortkursusse, seminare en konferensies.
• Projek-  en navorsingsverslae.
• Produkte, patente, modelle, chemiese formulerings, prosesse en stelsels.
• Handelsmerke en outeursreg.
• Bestuurs-, besluitnemings-  en prosesstelsels wat dikwels in rekenaarapparatuur vasgelê word.
• Beradings, mentorskap en raadgewende dienste.
• Ontledingsdienste.
• Inhuisbedrywighede en fasiliteitbestuurstelsels.

Waarom is dit vir ons so belangrik om ons kundigheid te implementeer:

• Dit motiveer navorsers wanneer buitestanders hulle kundigheid gebruik en waardeer.
• Kundigheid bou en ondersteun die NWU se reputasie.
• ’n Goeie reputasie lok en behou goeie navorsers.
• Kennis en kundigheid lok die sakewêreld.
• Die implementering van kundigheid skep werksgeleenthede vir ons studente en die gemeenskap.
• Dit maak die NWU meer winsgewend en selfvolhoubaar.

Sir Francis Darwin het gesê: “In die wetenskap gaan die erkenning aan die mens wat die wêreld oortuig, nie aan die mens by wie die idee eerste opkom nie.” Dit is dus nutteloos om toonaangewende tegnologie te ontwikkel sonder om die wêreld van die verdienste daarvan te vertel. Tegnologie-oordrag is ’n deurslaggewende proses wat juis dit doen. Dit bou ’n brug tussen die behoeftes van die buitewêreld en die vindingrykheid van ons personeel, en help om die kennis oor te dra aan diegene wat voordeel daaruit kan put.

Tegnologie-oordrag verg egter ’n ingesteldheid wat hemelsbreed van die kreatiewe en navorsingswêreld verskil. Dit het ’n kleiner speelruimte vir koste, tyd en spesifikasie-afwykings. Die proses duur langer en vereis meer hulpbronne en inspanning as wat normaalweg verwag word, maar die resultate van suksesvolle tegnologie-oordrag is soos om ’n kolhou te slaan – dit maak ons opgewonde en hou ons aan die gang.

Die NWU het ’n hele aantal mense wat gereed en bekwaam is om navorsers en kreatiewe personeel te help om hulle skeppings mark toe te neem.

- Dr Rudi van der Walt
  Institusionele Direkteur: Tegnologie-oordrag