Printer-friendly version
Druk
Share this
 

STUDENTE VOORLIGTINGSDIENS

Roete-aanwysings

pukkaart2

Aanwysings
N12 vanaf Johannesburg:
Draai by die vierde verkeerslig regs in Govan Mbekirylaan (Mooirivierrylaan). Volg die pad verby die Riverwalk winkelsentrum, McDonald's en Kentucky, alles aan u linkerkant. Draai daarna by die derde verkeerslig, 'n T-aansluiting, links in Albert Lethulirylaan (Von Wiellighstraat), net nadat u oor 'n bruggie is. Hou reguit aan deur die volgende twee verkeersligkruisings. U sal die Totius-gedenkteken aan u linkerkant sien. Draai by die eerste vierrigtingkruising daarna regs in Hoffmanstraat. Die straat eindig by die sekuriteitsingang na die Potchefstroomkampus.

N12 vanaf Klerksdorp:
Draai by die derde verkeerslig links in Beyers Naudélaan (Krugerstraat), net na u oor die brug is. Hou reguit aan. By die vierde stopstraat verander Beyers Naudélaan in Hoffmanstraat - hou steeds reguit aan. Die straat eindig by die sekuriteitsingang na die Potchefstroomkampus.

R53 vanaf Ventersdorp:
Nadat u verby die artillerieskool se offisiersmenasie op linkerhand is, draai links in Meyerstraat. Volg die pad verby die Medi-Clinic-hospitaal op regterhand. U gaan deur twee vierrigting-kruisings en daarna oor 'n brug. Draai direk na die brug links in Hoffmanstaat. Die straat eindig by die sekuriteitsingang na die Potchefstroomkampus.
 

Maart 2012