Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Studenteraad

SR:  Kunsteraad

 

SR: Kunsteraad
Elsabé Nortje
Tel: 018 299 2881
Sel:
084 224 7945
Vir 'n Klagte/ Gedagte: PSR-KUNSTE@nwu.ac.za

Voog van: Hombré en La Varia

Kunste – die hartklop van die PUK!  Kultuur is onlosmaaklik deel van PUK studentelewe en dit is SR:Kunste se doelstelling om aan elke student die geleentheid te bied om betrokke te raak by iets uniek aan ons kampus. 

Die Kunsteraad Uitvoerende Komitee is verantwoordelik vir die aanbied van ses groot aksies, naamlik: Binglesêr, Eerstejaarskonsert, Canvas, Debat, Koshuistoneel en Enkelsêr en is betrokke by Kampustalentfees wat deur PUK-Kunste aangebied word.  Studente word ook die geleentheid gebied om hul talente te gebruik en hul kreatiwiteit uit te leef by verskeie onderliggame: Buzzin Blaasorkes, Disfunctional Beat, Divaco, PUK Amici, PUK Koor, PUK Simfonie orkes, Serenaders, en Thalia Toneel.  ‘n Hoogtepunt op die kampus se 2013 kalender is die Nasionale Sêrkompetisie wat deur die PUK aangebied word.

Dit is SR:Kunste se doel om op tradisies wat reeds gevestig is, voort te bou; die kultuur op kampus te bevorder en verder te ontwikkel; om toeganklik te wees vir alle studente, hetsy jy deelneem of ondersteun en dat bogenoemde in goeie gees sal geskied. 

Kom raak deel van iets groter as jyself: Kunste – die hartklop van die PUK!

Elsabé Nortje