
FAKULTEIT VAN LANDBOU, WETENSKAP EN TEGNOLOGIE
Skool van Landbouwetenskappe
Sentrums en Institute
Sentrum vir Agribesigheid en Entrepreneursopleiding (SAEO)
Die Sentrum vir Agribesigheid en Entrepreneursvaardigheidsopleiding (SAEVO) binne die Skool vir Landbouwetenskappe by die Noordwes-Universiteit (Mafikengkampus). Die oogmerk van die sentrum is om opleiding en dienste aan klinte in die landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsverwante aangeleenthede te verskaf. Hierbenewens bied die sentrum markgerigte opleidingsprogramme met ’n doeltreffende kwaliteitversekeringskomponent en ’n betroubare klintesorgstelsel aan, en om meer skakeling en samewerking met strategiese vennote en regeringsdepartemente soos die DACERD, Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, NRO’s, boere-unies, gemeenskappe en die bre publiek te bewerkstellig.
Die hoofaktiwiteite van die sentrum sluit in: aanbieding van kortkursusse, navorsings en raadgewende dienste en bemarking van voedselprodukte. Die sentrum implementeer ’n kwaliteitsbestuurstelselplan in ooreenstemming met die NWU se kwaliteitversekeringsprotokolle en verskaf ook raadgewende dienste aan die bre publiek op gebiede soos landbou, landelike ontwikkeling, omgewings en verwante dissiplines. ’n Wye verskeidenheid dienste word voorsien, hoewel nie hiertoe beperk nie, byvoorbeeld navorsingsopnames, gemagtigde navorsing en studies (oorsigte, plaaswaardasies, projekmonitering en evalueringsdienste, uitbouing van KMMO en plaassakeplanne, uitvoerbaarheidstudies, basislynstudies en adviesdienste), basiese rekenaaropleiding en die onderneming van gesubkontrakteerde werk van diensverskaffers.
Sentrum vir Dieregesondheidstudies (SDGS)


