Printer-friendly version
Druk
Share this
 

PUK KUNSTE

Oor ons

PUK Kunste word gehuisves in die pragtige Heimat-gebou, die oudste gebou op die kampus en 'n Nasionale Gedenkwaardigheid. Ons breë oogmerk is om 'n gesonde kunstelewe op die kampus te bevorder.

Dit behartig hoofsaaklik (maar nie uitsluitlik nie) nie-akademiese aspekte van die kunste, en funksioneer o.a. as 'n vennoot van die Kunsteraad van die Studenteraad. Dit is ook die tuiste van die sogenaamde “konsertgroepe” – o.a. studenteverenigings wat onder die Studenteraad geaffilieer is en op die uitvoerende kunste fokus.

Ons belange behels in hoofsaak kortliks die volgende:  

PUK Kunste tree op as voog van die uitvoerende kunste studenteverenigings soos bv die orkeste, kore, dans-, toneel- en ander groepe.
  

As mede-organiseerder van sekere van die studente se kunste-aktiwiteite soos bv die Kampustalentfees en Eerstejaarskonserte, demonstreer PUK Kunste die noue samewerking met die Studenteraad se Kunsteraad.
   

Fisiese fasiliteite vir kunste-aktiwiteite soos bv teaters, kunsuitstallingsokale, sale en verwante lokale word deur PUK Kunste bestuur.

‘n Besonderse fasiliteit is die moderne opname-ateljee in die Heimat-gebou.

Anderssoortig is die twee kampterreine van die NWU-PUK, naamlik die Nooitgedacht- en die Kollege-oordterrein.

 ‘n Belangrike deel van PUK Kunste is die visuele kunste. Twee galerye word bestuur en kunsuitstallings van hoë en gevarieerde aard word deurlopend aangebied. Die NWU-PUK se permanente versameling word ook hier bestuur.

Die opvoedkundige been van aktiwiteite word behartig deur die Instituut vir Kunstebestuur en Ontwikkeling: Artéma. Dié Instituut behartig ‘n verskeidenheid kursusse, en bestuur ook die opname-ateljee en Alabama Produksiehuis.

Projekte van allerlei aard lê ook op PUK Kunste se weg. Dit behels onder andere die aanbieding van plaaslike en internasionale produksies, asook eie in-huis produksies. Konsertoere van PUK-groepe binnelands sowel as buitelands word gereël, en buitelandse toergroepe word plaaslik geakkomodeer en hul produksies aangebied.

PUK Kunste is op ‘n verskeidenheid maniere daarby betrokke om ons studente se talente te ontgin en hulle geleentheid te gee om dit te ontwikkel.

Studente wat hul kant op skool en universiteit bring m.b.t. die kunste, word beloon met die toekenning van beurse.

 PUK Kunste is uiteraard by vele aspekte van die Aardklop Nasionale Kunstefees betrokke: PUK-produksies, venues, tegnici, ensovoorts.

Behalwe vir ons studente wat die kunste beoefen, beywer PUK Kunste hom ook vir die ontwikkeling van gehore: ons studente, personeel, asook die breë gemeenskap.