
PUK KUNSTE
Kunsteverenigings: Uitvoerende Groepe
Die Boulevard Harmoniste
Die Boulevard Harmoniste is ‘n ses-stem A Capella ensemble, wat bestaan uit drie dames en drie mans. Hul programme bestaan uit ‘n breë spektrum van musiek wat wissel van klassieke werke tot ligter musiek en volksmusiek. Navrae kan gerig word aan: Peet Ryke, Departement Kultuur. Tel: (018) 299-2849.
Buzzin' Blaasorkes
Die Buzzin' Blaasorkes is 'n geesdriftige groep musikante wat 'n wye verskeidenheid van musiek verwerk en uitvoer op koperblaasinstrumente. Hulle tree gereeld in Potchefstroom en omgewing op asook by die Nasionale Kunstefeeste en het reeds twee CDs opgeneem. Navrae kan gerig word aan PUK-Kunste. Tel. (018) 2992844.
Koor
Die koor staan onder die bekwame leiding van prof Awie van Wyk. Die koor het met hulle talle binnelandse en oorsese optredes 'n puik reputasie opgebou en openbare konserte, kerk- en televisieoptredes vind gereeld plaas. Navrae kan gerig word aan: Kobus.Venter (koorleier en dirigent). Tel: (018) 299-2851.
NWU-PUK Serenaders
Hierdie koor konsentreer op Afrika-musiek, en hul hooffokus is koorkompetisies. Die afgelope jare het dié koor dan ook uitstekend gevaar en in vele kompetisies uitgeblink met derde, tweede en eerste plekke - provinsiaal sowel as nasionaal. Navrae kan gerig word aan: Horst Bütow (018) 2992843.
Thalia Toneel
Die studente toneelorganisasie. Belangstelling in die toneelwêreld is baie hoog, en Thalia bring toneelstukke na die verhoog met studente as akteurs en tegnici. Daar is spesiale eerstejaarstukke, asook dié vir seniors. Voorts reël Thalia, tesame met die SR Kunsteraad, 'n geweldig suksesvolle koshuis-toneelkompetisie. Navrae kan gerig word aan Christa Cloete (018)2992895.
NWU-PUK Simfonie-orkes
Hierdie orkes is 'n volledige simfonie-orkes, en uniek in die sin dat dit 'n oop vereniging is, m.a.w. oop vir studente en personeel van die universiteit, asook lede van die publiek - almal moet uiteraard 'n oudisie slaag. Navrae kan gerig word aan Colin Campbell: (018)2991692.


