Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Prof Martin Oosthuizen in die HOKK aangestel

Institusionele Kantoor – Prof Martin Oosthuizen, die NWU se Adjunk-visekanselier: Onderrig-Leer is in die Hoëronderwys-kwaliteitskomitee (HOKK) van die Raad op Hoër Onderwys (RHO) aangestel.

Ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, is die HOKK 'n permanente komitee van die RHO en is dit statutêr verantwoordelik vir kwaliteitsversekering en kwaliteitsbevordering in die
hoëronderwyssektor in Suid-Afrika.

Prof Martin sê hy voel geëer en sien daarna uit om deel van die HOKK te wees, veral omdat dit belangrike uitdagings aanpak wat verband hou met die tweede siklus van
institusionele oorsigte en die ontwikkeling van 'n raamwerk vir standaardvasstelling binne die konteks van die Hoëronderwys-kwalifikasieraamwerk.

Hy glo dat sy betrokkenheid by die HOKK hom sal help in die posisionering van die NWU as 'n universiteit wat uitnemende studenteleerervaring bied en ook by beste praktyk hou wat die gehalte van sy kern akademiese aktiwiteite en ondersteuningsdienste betref.

Prof Martin se aanstelling is vir die tydperk 1 April 2012 – 30 Maart 2015.


Prof Martin Oosthuizen

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Gepubliseer deur: Pertunia Thulo