
FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE
Oor ons
Boodskap van die Dekaan
Die Fakulteit Natuurwetenskappe bied diverse en interessante kwalifikasies wat gekenmerk word aan relevante en geïntegreerde opleiding. Studente ontwikkel lewensvaardighede wat hulle in staat stel om uitdagings in die werkplek te kan hanteer.
Ons akademiese personeel is hardwerkend en toegewyd aan studente en navorsingsaktiwiteite. Daar is van hierdie personeel wat ook internasionale erkenning geniet.
Die Fakulteit Natuurwetenskappe streef daarna om studente (voorgraads sowel as nagraads) toe te rus met kennis en lewensvaardighede ten einde suksesvol in hulle loopbane te wees.
Ons kernbesigheid is onderrig, navorsing en implementering van kundigheid. Daar word gestreef na die nasionalisering en internasionalisering hiervan.
Ons bied kwaliteitopleiding, wat insluit:
• Algemene vorming van die student
• Persoonlike aandag
• Kwaliteit toerusting
• Sinvolle uitkomgerigte akademiese programme
Prof Kobus Pienaar
Dekaan


