Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT LETTERE EN WYSBEGEERTE

SKOOL VIR SOSIALE EN OWERHEIDSTUDIE

Verwelkomingsboodskap van die direkteur 

Johan Zaaiman

 

Baie welkom by die Skool vir Sosiale en Owerheidstudie! Ons bied die volgende vakke aan: Geskiedenis en Antieke Kultuur, Politieke Studie, Sosiale Antropologie, Sosiologie asook Openbare Bestuur en Regering. Die eerste vier is sosiale wetenskappe wat die verbintenisse en handelinge tussen mense uit verskillende hoeke bestudeer. Openbare Bestuur en Regering is ‘n bestuursvak wat fokus op die vorming en uitvoering van openbare beleid.

Studente wat hierdie vakke bestudeer is diegene wat ‘n positiewe impak op 'n vinnig veranderende samelewing wil maak. Sulke studente wil graag die kennis, vaardighede en houdings ontwikkel om so ‘n bydrae te kan lewer.

Hierdie opleiding word aangebied in die programme van BA, BA Ontwikkeling en Bestuur asook BA  Sosiale Wetenskappe.

Ons waardeer jou belangstelling in die Skool se vakke en programme.  Hiermee nooi ons jou graag uit om hierdie vakrigtings te verken, te oorweeg en dan te kies.

Prof SJ Zaaiman