Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT LETTERE EN WYSBEGEERTE

SKOOL VIR SOSIALE EN OWERHEIDSTUDIE

Nuus

In April 2013

Erfenis- en Kultuurtoerismebestuurtoer

Die jaarlikse tweede- en derdejaar Erfenis- en Kultuurtoerismebestuurtoer het Pretoria vanjaar besoek tydens die naweek van 12 tot 14 April 2013. Die eerste stop was Mapoch Ndebele Village. Die toergids, Johanna, het meer vertel rondom die geskiedenis van die werkende dorpie wat in 1953 na Klipgat verskuif is, en studente kon Ndebele handwerkkuns koop terwyl ons deur die dorpie begelei is. Saterdag het begin met 'n besoek aan die Voortrekker Monument, waar Perpetua die verhaal van die Voortrekker vertel het na aanleiding van die fries (marmerpanele) binne die monument. Nadat die studente die monument en museum kon verken, is Fort Schanskop besoek.

Na die middagete was dit tyd om Freedom Park te besoek. Baderesh, die toergids, het verduilik hoe die proses werk om name op die "Wall of Names" te plaas, asook die simboliek rondom ander plekke op die terrein, soos die "Eternal Flame", "Isivivane" en die "Lesaka". Die toer is afgesluit met 'n besoek aan die Sammy Marks Museum, 'n oorspronklike inhoud, die lewe van die mynmagnaat en sy vrou, asook hul nageslagte vertel deur interessante feite en stories. Sy het onder andere vertel van John Murray, Sammy re rekenmeester wat in die huis oorlede is, en na bewering steeds daar rondwaal.


In Februarie 2013

INTREEREDE DEUR Prof Gerda van Dijk

Foto: Prof Mariëtte Lowes and Prof Gerda van Dijk

Op Donderdag, 21 Februarie, 2013, het Prof Gerda van Dijk haar intreerede aangebied oor onderwerp: "In search of a contemporary focus in teaching Public Administration". Die lesing is voorgesit deur Prof Mariëtte Lowes, die Vise-Rektor vir Onderrig Leer by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit.

In haar lesing, het Prof van Dijk die ontwikkeling Publieke Administrasie Onderrig in Europa, Amerika en Suid-Afrika beskryf. Sy het op die huidige samestelling van die grade in Publieke Administrasie gefokus soos hulle in die fakulteite van bestuur, die reg, handel en geesteswetenskappe geplaas is. Haar aanbieding het die aard van die bestuursfokus in die onderrig van Publieke Administrasie beklemtoon en gepleit vir 'n meer trans-dissiplinêre benadering tot die dissipline. Haar bydrae het die behoefte vir die lewering van afgestudeerdes wat in staat is en daartoe verbind is om saam te werk in die Suid-Afrikaanse obenbare sektor met sy spesifieke ontwikkelingsbehoeftes, fokus en 'governance' oriëntasie, beklemtoon. Sy het argumente ter ondersteuning van die profilering van die Publieke Admistrasie-student op gront van sy/haar koseptuele, affektiewe vermoëns aangebied om hul bevoegdheid in die openbare dienslewering te demonstreer. Sy het die gehoor ingelig oor die moontlikhede van trans-dissiplinêre Publieke Administrasie Onderrig wat kwessie-gedrewe, kontemporêr en integrerend moet wees.

Die werklikheid is dat Publieke Administrasie skole en departemente erken moet word in hul vermoë om by te dra tot 'n meer opgevoede burgery. Punlieke Administrasie inderrig is 'n belangrike bydraer tot die ontwikkeling van die staat en moet as 'n bate tot inrigtings vir hoër onderwys beskou word. Die veranderende rol van hoër onderwys om meer reaktief te wees teenoor doe behoeftes van die samelewing word ondersteun deur 'n gefokusde, ontwikkelings Publieke Administrasie Onderrig wat in 'n 'governance' paradigma opereer.

Prof Gerda van Dijk is aangestel as Professor in die Skool vir Sosiale en Owerheidstudie by die Potchefstroomkampus van die Noorwes-Universiteit


MERIETETOEKENNINGS

 

Die jaarlikse meriete-toekennings vir die Skool vir Sosiale en Owerheidstudies is op 18 Februarie 2013 by die Alumni-Klubhuis F22 gehou. By hierdie geleentheid word sertifikate aan die top presterende studente in die Skool toegeken. Die Skool gebruik die geleentheid as motivering, ondersteuning en moedig studente daarmee aan om beter te doen in hul onderskeie modules binne die Skool.

Me Christa de Wet was hierdie jaar se Meester van Seremonies vir die geleentheid. Die gaaspreker vir die geleentheid was dr Luni Vermeulen wat 'n genotvolle toespraak oor Loopbaanankers en Werkgedrastyl gelewer het. Me Danell de Wet is deur die studente gekies om dank namens hulle te spreek.

Daarna het die studente, dosente en eregas, Vise-Rektor, prof Mariette Lowes ligte eetgoed en verversings geniet. Doe top studente vir die jaar 2012 wat an die toekennings geleentheid uitgenooi is, word hieronder gelys:


Schiel, J Mej

 AKLR 112 - 89% & AKLR 122 - 94%


De Villiers, LC Mej

 HIST 111 - 86% & HIST 121 - 88%


Stockburger, K Mej

 HIST 211 - 79%

Thambokwako, ZEM Mej

 HIST 212 - 75%


Leckert, ML Mnr

 HIST 221 - 80%


de Wet, D Mej

 HIST 311 - 76% & HIST 322 - 75%

Piek, S Mej

 PUMA 112 - 89%

Sidanga, MW Mej

 PUMA 112 - 89%

Mayekiso, N Mej

 PUMA 122 - 82%

Adams, J Mej

 PUMA 212 - 86%, PUMA 313 - 75% & PUMA 322 - 77%

Paulsen, OJ Mej

 PUMA 313 - 75%, PUMA 323 - 79%, SOCL 312 - 76% & SOCL 323 - 77%

Manone, NB Mej

 POLI 112 - 75%

Van der Westhuizen, C Mej

 POLI 112 - 75%

Meiring, CJ Mej

 POLI 123 - 85%

Mostert, I Mej

 POLI 213 - 80%

Schultz, C Mej

 POLI 312 - 77% & POLI 322 - 79%

Maartens, Z Mej

 SANL 112 - 75%

Du Plessis, A Mej

 SANL 112 - 75%

Kooij, A Mej

 SANL 112 - 75%

Wheeler, A Mej

 SANL 112 - 75%

Germishuys, GL Mnr

 SANL 213 - 75%

Wallace, LF Mev

 SOCL 111 - 84% & SOCL 121 - 82%

Higgs, C Mej

 SOCL 211 - 79% & SOCL 221 - 83%

Botha, LS Mej

 SOCL 222 - 77%

Mei, CG Mej

 SOCL 224 - 79%

Terblanche, R Mej

 SOCL 311 - 75%

Schalkwyk, GG Mej

 SOCL 312 - 76%

Die Skool vir Sosiale en Owerheidstudie vier Valentine's Dag

 

Die 14e Februarie was Valentine's Dag in Suid-Afrika, 'n dag van liefde en romanse! Die Skool vir Sosiale en Owerheidstudie het ty in beslag geneem om die liefde op die dag met rooi en wit kolwyntjies, wat bedien is aan al die personeellede, te vier. Wie het gesê jy benodig 'n vennoot om jou Valentine's Dag spesiaal te maak? In die foto, binne die Skool, V.r.n.l. Me Suzanne Reyneke (Benchmarks Setrum vir Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid) Mev Carma Geldenhuys (Snr Administratiewe Assistent) en Mev Nicolette Visser (Snr Administratiewe Assistent)

Die Skool vir Sosiale en Owerheidstudie, met ons is elke dag 'n spesiale dag!


Die Terreinoorhandiging an Tronkor Konstruksie

Op foto: V.l.n.r Prof Johan Zaaiman (Skool vir Sosiale en Owerheidstudie), mnr Abrie Burger (van Tronkor Konstruksie), en mnr Johan Jacobs (projekbestuurder)

Die terreinoorhandiging an Tronkor Konstruksie vir die bou van 2 nuwe verdiepings vir die Skool vir Sosiale en Owerheidstudie het op 30 Januarie plaasgevind. Die verdiepings sal kantore, seminaarkamers en werksplek vir nagraadse studente bevat. Die voltooiingsdatum vir die projek is 30 Augustus 2013


 

 

                                      Last updated on 23 April 2013 by Sello Seitlholo