Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT LETTERE EN WYSBEGEERTE

Skool vir Filosofie

Moontlike beroepe

Loopbaanmoontlikhede met filosofie

Voornemende filosofiestudente vra gereeld watter werksgeleenthede die studie van filosofie vir hulle kan inhou. Omdat filosofie 'n mens leer om onder andere krities en sistematies te dink,vrae te formuleer en logies te argumenteer, bied filosofie uistekende voorbereiding vir ‘n verskeidenheid professionele beroepe. Dit bied ‘n fondasie vir beroepe in regte, besigheid, onderwys, teologie, skryfkuns, publieke administrasie en vele ander.

Die soort vaardighede wat die studie van filosofie help ontwikkel is:

  • analisering, ontwikkeling en formulering van logiese probleme
  • genereer idees oor ‘n verskeidenheid van probleme
  • formuleer en oplos van probleme
  • blootlê van aannames en suggerering van alternatiewe
  • vermoë om subtiele verskille te onderskei sonder om die ooreenkomste mis te kyk
  • vermoë om ingeligte besluite te neem en die implikasies daarvan deeglik te ondersoek
  • bekwaamheid om verskillende invalshoeke tot ‘n sekere onderwerp te ondersoek
  • vermoë om duidelik en effektief te skryf en te praat
  • interpreteer en evalueer van uiteenlopende denke en teorieë

Filosofie kan dus gesien word as 'n vaardigheid wat na ‘n verskeidenheid beroepe oorgedra kan word. Met die klem op redevoering en argumentasie bied Filosofie as hoofvak goeie voorbereiding tot onder andere die volgende beroepsrigtings:

  • regte
  • teologie en religie
  • bankwese
  • uitgewerswese
  • joernalistiek
  • publieke bestuur
  • berader/sielkundige
  • bemarking
  • professor/akademie
  • konsultasie
  • maatskaplike werk
  • beleidskrywing
  • onderwys
  • biblioteekwese
  • politiek
  • navorsing
  • arbeidverhoudinge
  • kunste en tale

Die inligting hierbo oor loopbaanmoontlikhede met filosofie, kom van die Universiteit van Kentucky in die VSA se webblad.Besoek die webblad by: "Where can philosophy take me?".

Ander webblaaie oor beroepsmoontlikhede met filosofie is:

Philosophy and your future
Working with Philosophy
Jobs in Philosophy
The Cronicle of Higher Education