Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Potchefstroom Besigheidskool

Emosionele intelligensie, konflik en stresbestuur

Soos die werksplek meer divers word, word dit toenemend belangriker om te verstaan wat veroorsaak dat mense verskillend optree en om te weet hoe om hierdie verskille effektief te bestuur.

Bestuurders behoort vaardig te wees in die begrip en bestuur van hul eie emosies en die emosies van werknemers in die werksplek. Bestuurders behoort te verstaan hoe persoonlikheid, emosies en persepsies gedrag, menseverhoudinge en prestasie affekteer.  Emosionele intelligensie is die sleutel tot die suksesvolle bestuur van hierdie verskynsel.

Hierdie werkswinkel rus bestuurders toe om hul eie emosionele intelligensie te assesseer en te verbeter.

Kliek op beeld om brosjure af te laai