
FAKULTEIT GEESTES- EN SOSIALE WETENSKAPPE
Die Sentrum van Uitnemendheid (SvU) vir Inheemsekennis-studies
Oor ons
Die Sentrum van Uitnemendheid (SvU) vir Inheemsekennis-studies is ’n vennootskap tussen die universiteite van Noordwes, Limpopo en Venda. Die drie instellings het ’n IKS-prestasierekord van voor en nagraadse onderrig, navorsing, netwerking en gemeenskapsbetrokkenheid binne en buite Suid-Afrika. Die SvU se belangrikste navorsingsfokusgebiede is binne die bre vertakkings van landbou, Afrikatale en –letterkunde, biodiversiteit, die regte, onderwys, mense en dieregesondheid, voedselsekuriteit, natuurlikehulpbronbestuur, klimaatsverandering en hernubare energie. Die SvU dra deur middel van nagraadse opleiding by tot die ontwikkeling van gekwalifiseerde IKS-mensekapitaal. Ten einde ’n bestendige vloei van studente vir die nagraadse studie te h, het die SvU in samewerking met SAKO en die Nasionale IKS-kantoor (NIKSO) in Oktober 2008 ’n inter en multidissiplinre BIKS-kwalifikasie geregistreer. ’n Unieke kenmerk van die Sentrum se konsortium is die interaksie wat elkeen met sommige van Suid-Afrika se belangrikste IKS-praktykgemeenskappe opgebou het. Hy bevorder sy uitsette plaaslik en internasionaal deur middel van ’n webwerf, instandhouding van databasisse, vaktydskrifte en die geteikende verspreiding van sy jaarverslag, met die oog daarop om verdere openbare steun asook moontlike kommersialiseringsbelange te lok.


