Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Akademiese Administrasie

Oor ons

Welkom by Akademiese Administrasie, Potchefstroomkampus!

Soos die naam aandui, vervul die Departement ‘n verskeidenheid administratiewe funksies en is dit een van die min departemente waarmee die student deurlopend, gedurende die volle studietydperk, baie nou skakeling gaan hê.

Die Departement Akademiese Administrasie is ‘n kerndepartement wat tydens die student se studietydperk vir die administrasie van onder andere die volgende aktiwiteite verantwoordelik sal wees:

  • aansoek om toelating tot die Universiteit;

  • amptelike registrasie as student;

  • amptelike studierekord (wysigings op amptelike rekords kan slegs hier gedoen word, bv. adresse, modulewysigings, ens.);

  • eksamenreëlings (wat onder andere behels die eksamenroosters, eksamenlokale, ens.);

  • eksamenuitslae;

  • navrae/inligting.

 

 

Sept 2011