
Vaaldriehoekkampus - Kantoor van die Rektor
Oor ons
Ons bied voorgraadse en nagraadse programme aan om studente voor te berei vir die snelgroeiende eise van die korporatiewe wreld, asook openbare en maatskaplike dienste, taalpraktyk en kommunikasie, sielkunde, arbeidsverhoudinge, die finansilediensbedrywe, inligtingstegnologie, bedryfswiskunde, informatika, rekeningkunde, ekonomie, ondernemingsbestuur, bemarking en sportwetenskappe. Hierdie programme wat aandag aan verskeie domeine van akademiese navrae skenk, is daarop gemik om oplossings vir werklike situasies in ’n lewenskragtige ekonomie te bied.
Hoogs opgeleide en toegewyde personeel, toepaslike tegnologie en infrastruktuur ondersteun onderrig, navorsing en die kommersialisering van kundigheid. Alle programme is met behoorlike inagneming van nasionale toepaslikheid en internasionale mededingendheid binne die wreldwye ontwikkelende dissiplines ontwerp.


