
FAKULTEIT EKONOMIESE WETENSKAPPE EN INLIGTINGSTEGNOLOGIE
- VAALDRIEHOEKKAMPUS
Dekaan se verwelkoming
Welkom by ons fakulteit. Ons fakulteit is trots daarop om hoogs gekwalifiseerde en toegewyde personeel te hê wat gepaste tegnologie en infrastruktuur aanwend om onderrig, leer en navorsing op innoverende wyses te benader en wat konstant met die rolspelers van sleutelbedrywe, asook met hul nasionale en internasionale ewebeelde, skakel ter ondersteuning van die onderrig, leer, navorsing en die kommersialisering van hulle kundigheid.
'n Besondere eienskap van sommige van ons voorgraadse programme is die bekwame integrasie van uitgebreide modules om 'n bemagtigende leeromgewing vir ons uiteenlopende studentebevolking te skep. Ons fakulteit is verbind tot die ontwikkeling van gehaltegegradueerdes wat in die mark gesog is en wat die voordele van hoogs betaalde beroepe in 'n mededingende wêreld sal kan geniet.
Ons sien uit om u in ons fakulteit te verwelkom en om u deel van ons lewendige personeel- en studentegesin op ons pragtige kampus te maak.
Prof. Herman van der Merwe
Uitvoerende Dekaan: Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie


