Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT EKONOMIESE WETENSKAPPE EN INLIGTINGSTEGNOLOGIE - VAALDRIEHOEKKAMPUS

GEMEENSKAPSBETROKKENHEID

Die Gauteng Departement van Onderwys het ons Universiteit versoek om onderwysers op te lei wat IT by verskeie skole kan onderrig.

Die Skool vir IT het die uitdaging aanvaar onder leiding van Me M Zeeman om 'n uitgebreide programmeringskursus aan te bied oor programmering in Delphi – die programmeertaal wat in skole gebruik word. In 2004 is 'n beginnerskursus in programmering onderneem en in 2005 is die gevorderde kursus in programmering uitgerol. Wanneer deelnemers hierdie kursusse voltooi het, moes hulle 'n opdrag sowel as 'n praktiese eksamen afhandel. Onderwysers het tydens 'n spesiale seremonie wat in Februarie 2006 gehou is, 'n sertifikaat van die universiteit ontvang.

Die Skool vir IT is nog betrokke deur bystand te bied aan die Nasionale Onderwysdepartement met fasilitering van IT, om sodoende ook vir universiteite studente met 'n goeie en soliede agtergrond in basiese programmering te werf. In 2009 het Me Zeeman 'n groep IT-vakadviseurs tydens 'n werkswinkel in Bloemfontein toegespreek om aan hulle leiding te bied oor fasilitering van IT in skole. IT-vakadviseurs van oral in die land het die weeklange werkswinkel bygewoon.