
TEGNOLOGIE-OORDRAG EN INNOVASIE-ONDERSTEUNING
Patentsoektogte
'n Uitvinding is net nuut indien niemand dit nog ooit in enige geskrewe vorm of in die openbaar genoem het nie. Die eerste stap in die soeke om meer oor die patenteerbaarheid van ’n idee uit te vind, is om ’n patentsoektog te doen. U kan dit self op enige van die volgende webwerwe gaan doen, of die Innovasiekantoor kontak, want daar het u toegang tot ’n kragtige soekenjin, mits u ’n personeellid of student van die NWU is.
Die Innovasiekantoor dra die koste van hierdie diens.
U kan gebruik maak van die volgende tersaaklike webwerwe:
• http://www.ipresearch.com/
• http://www.delphion.com/
• http://www.freepatentsonline.com/
• http://www.uspo.com/
• http://www.uspto.gov/patft/
• http://www.espacenet.com/
• http://www.epo.org/searching/free/espacenet.html
• http://www.ipdl.inpit.go.jp/homepg_e.ipdl
(Laat weet ons gerus as u van ’n webwerf of patentsoekenjins weet wat u graag op hierdie bladsy wil sien.)


