Printer-friendly version
Druk
Share this
 

TEGNOLOGIE-OORDRAG EN INNOVASIE-ONDERSTEUNING

Mark- en tegnologieverslae

Deur die Innovasiefonds van die Departement Wetenskap en Tegnologie (DWT) het die NWU toegang tot ’n groot databasis van verslae oor tegnologie en markopnames.

Besoek www.frost.com, kies die verslae wat u nodig het en e-pos die URL-adresse en titels aan die Tegnologie-oordragkantoor. U sal die elektroniese weergawes van die verslae gratis ontvang, mits u onderneem om die verslae SLEGS vir NWU-doeleindes te gebruik. Die verslae sal u gewoonlik binne twee tot drie dae bereik.