NWU, Potchefstroomkampus, NWU-Puksport, Verwelkoming

NWU-PUKSPORT

Verwelkoming

Welkom by die NWU-Puksport op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Die NWU-Puksport se kantore is op die eerste vloer van die FNB HPI gebou gesetel wat op die hoek van Meyer- en Thabo Mbeki Straat geleë is. Op sportgebied is die NWU-Puksport wêreldwyd bekend vir ons buitengewone prestasies op sportgebied en beskik ons oor wêreldgehalte fasiliteite en uiters bekwame personeel en afrigters wat die NWU-Puksport op ‘n professionele wyse bestuur.

Potchefstroom is ‘n rustige en mooi plattelandse stad aan die oewer van die Mooirivier. Afgesien van sport is die NWU-Potchefstroomkampus bekend vir sy studentelewe waar jy nie net ‘n nommer is nie.  Voorwaar 'n kampus om op trots te wees!!