NWU-Puksport, Fasiliteite

NWU-PUKSPORT

Fasiliteite

 

Die NWU-Puk het een van die mooiste en bes toegerusde sprotgronde denkbaar. Die Fanie du Toit-Sportgronde beslaan ongeveer 20 hektaar op die oewer van die Mooirivier, wat binne loopafstand vanaf die kampus is. Die buitemuurse sportsoorte word hoofsaaklik hier gehuisves met agt rugbyvelde, sestien tennisbane, vier hokkievelde, nege alle-weer netbalbane, drie sokkervelde, vyf krieketvelde, 'n sagtebalveld, 'n swembad en 'n atletiekbaan. In die Piet Malan-gebou is daar ook 'n volledig toegeruste gimnasium, een van twee op die gronde.

Kliek hier vir rigtingaanwysings na die Fanie du Toit-Sportgronde.
 

Hierdie NWU FNB HPI goed toegeruste gebou op die Fanie du Toit-Sportgronde huisves die Skool vir Biokinetika, Rekreasie en Sportwetenskap, die Instituut vir Sportwetenskap en Ontwikkeling en die Noordwes Sport Akademie, die kantore van NWU-Puksport en ook die van die NWU-Puk Rugby Instituut. Die gebou het ook 'n ongelooflik gevorderde gimnasium met 'n rehabilitering-swembad en ysbad.

Kliek hier vir meer inligting.

 

In samewerking met die FNB High Performance Instituut, PUK Sportburo en Noordwes Krieket unie, is hierdie die ideale fasiliteit vir sport groepe en oefenkampe.

Ons streef om dit  'tuiste weg van u tuiste' te maak.

Nie net is die failiteit van hoogstaande gehalte nie maar ook die ligging van Potchefstroom (hoogte bo seespieël) maak dit die ideale plek om oefenkampte aan te bied.


Die PUK Sports Village is 'n nie-selfsorg fasiliteit en beskik oor die volgende fasiliteite:


•     5 Blokke met 16 kamers elk
•     2 Konferensie lokale
•     Funksie fasiliteite
•     2 Fisio kamers
•     4 laan 25m verhitte swembad
•     Tenvolle gelisensieerde restaurant en kroeg

 

Kliek hier vir meer inligting.

 

Die Puk McArthur Atletiek Stadion is ongeveer 3km vanaf die hoofgronde en bied 'n uitstekende baan vir ons atlete om op te oefen en te kompeteer.

 

Die NWU-Puk Hokkie Klub het twee "Astro Turf" water-basis oppervlak hokkievelde van internasionale standaard. DIe velde is oorkant Veritas Manskoshuis (kampusplan nr. H1) geleë op die hoek van Steve Biko- en Gerrit Dekkerstraat.

 

Binnehuise Sportsentrum

IBinnehuise sportsoorte word gehuisves in die binnehuise sportsentrum in die Hennie Bingle Studentesentrum. Studente maak ook gebruik van die goed-toegeruse gimnasium en saunas vir ontspanningsdoeleindes.