
NWU-PUK-RUGBYINSTITUUT
Beurse
Daar word slegs 60 eerstejaars per jaar toegelaat tot die NWU-PUK-Rugbyinstituut, waarvan ±30-35 spelers, wat vooraf geïdentifiseer is by die verskillende rugbyweke en skolewedstryde, beurse ontvang. Die res van die spelers word gekeur uit die aansoeke wat ons ontvang. Aansoeke sluit 31 Augustus. Die spelers wat nie 'n beurs ontvang het nie kan op grond van sy prestasie gedurende die jaar homself kwalifiseer vir 'n beurs die volgende jaar.
Beurshouers en gekeurde nie-beurshouers neem vir 6-8 weke deel aan 'n siftingsproses van proefwedstryde en 'n reeks oefeninge en kondisioneringsprogram. Hierna word die groep verminder na ongeveer 60 spelers wat dan as NWU-PUK 0/19A1 in die koshuis eersteliga speel en NWU-PUK 0/19A2 wat in die Goue Leeus 0/19-liga speel.
Spelers wat nie in die aanvanklike 60 is nie, sal tydens die Eerstejaarstoernooi vir hul onderskeie koshuisspanne speel, waar daar weer 'n geleentheid vir spelers is om onder die aandag van die Instituut se afrigters te kom.
Die Luiperd 0/19-span wat in die A-afdeling van die provinsiale kompetisie deelneem, bestaan hoofsaaklik uit NWU-PUK-spelers.
Kliek hier om na die aansoekvorm van die Instituut toe te gaan.
|
|


