
Wag 'n Bietjie
Oor Ons
Gange
![]() |
Arabian Avenue
As jy jou voete oor die drumpel van die Arabiese vloere sit,dan moet jy weet tradisies, trots en liefde is wat jy hier gaan kry. |
|
|
Broadway
Ons is die beste gang hier rond!’ |
![]() |
Cinema Paradiso
Op CP verstaan almal wanneer dit sulke tyd is...
Waar almal altyd vir jou ‘n ietsie het,
Waar almal vir jou simpel grappe lag,
Op CP is ons ‘n familie,
Almal weet CP het die grootste gees,
Hierdie is die gang waar almal saamstaan,
Waar tradisie respek ontvang,
CP is ‘n kaleidoskoop van mense,
CP! JA! |
![]() |
Sarasola…Die gang van liefde. Liefde maak die wêreld in die rondte draai…liefde is goed, geduldig, dit gee om…Dis maar net ‘n paar eienskappe wat teenwoordig is op ons Ongelooflike gang. Met ‘n verskeidenheid van tradisies soos Sarasola-dag (Top Secret) Valentynsdag, kersfees en Flick-nick om net ‘n paar te noem, word die dames van Sarasola jou ma, sussies en vriendinne weg van die huis. Jou ma gaan jou later moet smeek om huis toe te kom. Ons dames is die lewe en gees van enige geleentheid, en ons doen dit op ‘n stylvolle en prag manier. Baie Sarasola groete en Liefde |
![]() |
Heights
“Say, Yesta Yesta, Bonga Wha, Bonga Wha |
![]() |
Vice Versa Vice Versa jou lekker ding! Vice Versa jou lekker ding! BOW! BOW! BOW! Jy laat my hartjie sing….ahoooooo!!! Elke woord met trots gesing, elke woord met respek, respek vir die beste gang in Wag-‘n-Bietjie Dameskoshuis. Soos sussies staan ons saam en vorm ’n eenheid om dit die lekkerste gang op die hele PUK Kampus te maak! Wit en Swart is ons tradisie...met lekker gangaksies voor elke koshuisaksie om ons gereed te maak vir ’n aand van pret en plesier! Elegantly late is ons motto, maar moet dit eerder nie in O&B probeer nie, dit gaan nie werk nie...ons het al probeer! So maak solank gereed vir ’n jaar vol opwinding op die AWESOMESTE gang ooit, waar jy vasgevang gaan word is die gees van lekkerkry! Never a dull moment...letterlik! En stilte is nie ’n opsie nie! Vice Versa jou lekker ding! Vice Versa jou lekker ding! BOW! BOW! BOW! Jy laat my hartjie sing....ahoooooo!!! |








