
Wag 'n Bietjie
Oor ons
Eerstejaars
“You don’t raise heroes, you raise ladies and if you treat them like ladies, they will turn out to be heroes, even if it’s just in your own eyes!”
Baba Skillie…so staan jy nou ampertjies op die einde van een hoofstuk in jou lewe, gereed om die volgende hoofstuk te betree met tonne verwagtinge, ambisies, opgewondenheid en onsekerhede. Nou kry JY die geleentheid om daardie goed gevormde vlerke wyd te sprei, nuwe vriende te maak elke liewe droom van jou te bewaarheid en om te kom deel wees van ons “home away from home”,die beste, stylvolste en trotste Dameskoshuis op kampus, WAG-‘n-BIETJIE!! Jou lewe gaan letterllik verander!
As ek moet terug dink aan daardie dae van onsekerheid, dog opgewondenheid van die onbekende wat voorlê, kan jy met sekerheid weet dat ek WEET en TEN VOLLE VERSTAAN dat alles op die oomblik nog baie deurmekaar is(met alles wat nog tussenin moet gebeur; eksamenuitslae en die heerlike matriekvakansie natuurlik). Weet net dat ons as HK en Koshuisbestuur hier is om jou te help so ver ons kan, sodat jy so gou as moontlik sal deel word van die onbegryplike lekker wêreld van studentwees en dan sommer ook dadelik sal tuis voel in jou nuwe huis! Ek en ook die res van die HK sal sorg dat jy ten alle tye die nodige sekuriteit, stabiliteit asook vryheid ontvang om volkome te ontwikkel tot wie jy werklik wil en kan wees! Ek glo ook dat jy met ‘n doel hiernatoe gestuur word en dat alles deel is van Sy perfekte plan!! “I know the plans I have for you,” declares the Lord, “plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future.”
Ek hoop dat jy sommer nou baie meer gerus voel en erg uitsien vir jou nuwe avontuur hier op die Puk!
Dames Van Styl. Ja, ons koshuis IS die dames van styl en dit dan ook ons leuse!! Styl is nie iets wat gekoop kan word nie maar wel dit wat van binne af buitentoe straal! Ons Waggie dames(die trouvrouens op die Puk) leef dit elke dag uit, in alles wat ons doen en tot elke liewe uiterste!! Ons tradisies en styl veroorsaak dat ons kop bo skouers bo die res uitstaan!
Laastens,maar glad dan nie die minste nie….ek kan nie wag om jou beter te leer ken nie…dit is vir my een God gegewe voorreg om met jou as eerstejaar te kan werk en jou dan ook my koshuissussie te kan noem!!


