
Wanda Dameskoshuis
Eerstejaars
Beste Eerstejaar
Welkom by WANDA!!!
Wanda is sonder twyfel een van die koshuise wat uniekheid aanspoor. Elke dame in ons koshuis is ʼn individu en word daarvoor geprys. Onthou ons maak die koshuis, die koshuis maak ons nie.
Wanda bestaan uit 4 blokke: Aitsa, Bianca, Ditsem en Eensklaps. Dus gee dit vir elkeen die nodige privaatheid en spasie, terwyl hulle nog steeds maklik bereikbaar is. Ons kamers is baie gerieflik uitgelê en elke blok is toegerus met ʼn kombuis, badkamers en ʼn was-area. As jou punte dit toelaat kan jy reeds in jou tweedejaar in 'n enkelkamer intrek.
Die naam, Wanda, kom vanaf ʼn orgideë genaamd “Vanda”. Ons koshuiskleure is vloot blou, wit en maroen, wat saam ʼn treffende mengsel is! Verder is ons embleem ʼn klein kameelperdjie - Ghadaffi. Dit is kenmerkend aan ons koshuis en jy sal nooit weer dieselfde na ʼn kameelperd in jou lewe kyk nie! Ons leuse word ook daagliks deur elke dame uitgeleef, naamlik “Carpe Diem”- gryp die dag!!
Ons glo in balans. Ons presteer daarom op verskeie gebiede: Akademie is vir ons ʼn prioriteit, ons was die wenners van die Somer sokkerliga en ons dra selfs by tot die minderbevoorregtes in die omgewing met ʼn suksesvolle SJGD projek. Ons bied jou ook: hokkie, tafeltennis, muurbal, netbal en nog vele meer! Vir die kultuur-monsters is daar: Sêr, Bingle-sêr, Canvas, Toneel (top 5), Debat en interne kultuur aksies.
Diversiteit is beslis vir elke Wanda-inwoner `n prioriteit. Dit maak ons as koshuis `n eenheid en ook sterker op alle gebiede. Met AKSA was ons algeheel 3de die jaar, wat `n baie groot prestasie is.
Wanda is die plek waar jy soveel meer van jouself gaan leer as wat jy ooit kan besef en vriende maak wat die res van jou met jou gaan deel!!
Daarom kan ek jou net aanmoedig en sê: maak die regte keuse vir JOU en kies WANDA!


