
Vergeet-My-Nie Dameskoshuis
Oor ons
Vergeet-My-Nie Dameskoshuis (VMN) is al sedert 1973 ‘n trotse deel van die studentelewe op kampus en het van toe af nog net kop-bo-skouers bo die res uitgestaan. Hulle groei saam, lag saam, huil saam en smee in hierdie proses noue bande. Inwoners van Vergeet-My-Nie loop na hulle studies uit die koshuis as volwaardige dames met herinneringe wat ‘n leeftyd saam met hulle sal bly.
Die VMN-blommetjie knip steeds oog vir elke inwoner en besoeker wat haar drumpel betree en die legende van Vergeet-My-Nie bly dus ewig voortleef. Kom op reis saam met ‘n trotse koshuis wat oorborrel van herinneringe en tradisies.
Vergeet-My-Nie wil dames in die wêreld instuur wat weet wie hulle is, hoe om selfstandig te wees en altyd net hulle beste te gee. Dis dames en susterskap soos net Vergeet-My-Nie dit kan kweek, want hier gaan ons altyd net vir goud!
Vergeet-my-nie is nie net ‘n blyplek nie, dis 'n leefwyse!


