
Ratau Lebone
Oor Ons
Gange
Ambrosia
Amborsia huisves ‘n vriendelike en genotvolle atmosfeer waar almal met respek behandel word en waar range belangrik is.
Ambrosia is ryk aan tradisies en is die gang in Ratau Lebone manskoshuis wat die mees uniekste is. Ons is bevoorreg om onder andere die volgende tradisies te he.
1. Jaarlikse "foam Party”.
2. Oupabeeld
3. Gang hemde
4. Nataltoer
5. Super Hero
Die res moet jy maar self kom uitvind.
Akademiese sisteem in Gang: Elke aand tussen 22:00 en 24:00 is ons studie tye en ook tyd om in kontak te kom met akademiese raadgewers in die gang.
Legendes: In die gang bly ons Primarius en ons onder – Primarius. So al ons ou en gewese Prims en Onder – Prims is ons legendes.
Gangfilosofie: In Ambrosia is waar jy bly en hier sal ons jou lei.
Heerengracht
Gang van mag; gang van krag
Wanneer Ratau inwoners hierdie naam hoor is ek amper seker die eerste gedagte wat by hul opskiet is: HIER IS PRET OPPAD!
Natuurlik is dit wat almal wat nog nie die voorreg gehad het om hier te bly se perspektief.
Kom ek verduidelik jul bietjie meer uit my vier-jaar-ondervinding van Heerengraght.
Heerengracht verteenwoordig die waarde van Diversiteit in Ratau se waarde sisteem. As ons speel, speel ons kliphard en as ons werk, werk ons netso hard maar vergeet nooit van die waarde van speel nie.
Heerengracht het verskriklike trots en broederskap.
Die bewys hiervoor vind mens in die tradisies van ons gang. Elke eksamen maak ons ‘n lys van die vakke wat geskryf sal word en ondesteun die broer met die laagste deelname punt om ekstra hard te leer. Dit doen ons deur vir hom ‘n stoel, tafel en ‘n lampie in die middel van die gang te sit waar ons dan toekyk en toesien dat hy voldoende voorberei vir die strawwe toets wat op hom wag.
Ons ondersteun ook ons eerstejaar boeties deur hul welkom te laat voel hier by ons. Vir een week in die jaar hanteer ons hul soos konings wanneer ons as seniors sorg dat hul kamers mooi netjies en skoon is, daar altyd ‘n koffietjie in die hand is, die lui van die telefoon nie inmeng met studietyd nie en ook dat daar vir hul genoeg plek is in die gang wanneer ons vir daardie week nie die luuksheid van ons eie kamers nie, maar eerder die harde vloer en ongemak van die tv-kamer gebruik.
As dit kom by gentleman wees is daar seker nie ‘n beter manier om dit te bewys as deur gholf te speel nie. Jaarliks is Heerengracht die gasheer van die Heerengracht-invitational en nooi ons graag enige spelers van ander gange wat aan hierdie elite kompetisie wil deelneem. Dit is waarlik ‘n glans geleentheid. Die ander aktiwiteite van die aand is somtyds so lekker dat van die spelers besluit om die gesogte titel van Heerengracht-Invitational wenner, op te gee weens die vermaaklikheidswaarde wat hul in hierdie ander aktiwiteite vind.
Dit is sowaar die plek waar jy wil wees. Of jy nou ‘n rekenaar boffin is, of ‘n sportjunkie….. Heerengracht het plek vir jou. Counterstrike tot Coqniac. Krieket tot Klipdrift. Rugby tot Richelieu. Dota tot vodka. Al die bestandele is daar om vir jou ‘n plekkie in ons gesin te gee.
Keizergracht
Betekenis van Gangnaam:
Die gang is vernoem na een van die grootste kanale wat deur Amsterdam in Nederland vloei
Tradisies:
Oupa Louis Paroskiwapolos
Die oudste inwoner op die gang is Oupa Louis Paroskiwapolos. Dit word beweer dat hy die Eksperiment van 1e jaar Chemie student in 1942 was, en maar hy bly tot die dag toe nog in Keizergracht.
'n Beeld van 'n vrou word in die gang gevind, naamlik die Keizerin. Keizerin Aristademos het gestrewe vir die beste van die beste. Haar arm is opgeoffer en is simbolies van die opoffering wat vir vriende en die koshuis gemaak word.
Gangkultuuraand:
Gangbros
KZ- Toets
Gangsport
Ganghemp
Deure- Daar is 'n tradisie dat 'n inwoner se deur altyd oop moet wees, behalwe as hy swat of slaap.
Ganggroet
"Keizergracht hier woon ek graag, my trots, my eer, my Keizergracht!"
Gangontmoeting
Eerstejaar wor deur die oudste inwoner op die gang gevat deur die puk kampus om die monumente, bekende geboue en belangrike plekke op die puk te verken op die eerste aand van hul gangontmoeting.
Aksiepakkies
Aksies in die koshuis het gewoonlik 'n tema. Keizergracht is bekend vir die gang wat die beste volgens die tema aantrek of dit heeltemal te ignoreer! van Cross-dressing tot Angels and Devils, is Keizergracht die gang met die meeste gees!
Gangopmaak
'n ou tradisie wat amper verlore gegaan het, is Gangopmaak. Seniors gee vir die eerstejaars 'n tema en verwag dat die gang die volgende dag volgens daardie tema opgemaak is.
lenteswem
'n Nuwe tradisie is Lenteswem. Die hele gang kom almal een maal per week saam in die lente en gaan swem in die koue POK swembad.
Karakter van Gang: Keizergracht se tema is abstrak en eienaardig Die gang staan ook bekend as die kuier gang(maar word onderskei van die drinkgang), stil gedurende die dag en remoerig in die aande. by koshuisaksies is die gang die spontane en beleefdste van al die inwoners, met die klere en kostuums wat almal stomgeslaan los.
Atmosfeer in die Gang: Die gang is baie rustig in die dag maar raak snags remoering, en leeg by koshuis aksies. Keizergracht kuier baie saam in die gang op die bankies wat in die een vleul staan. Almal is by die koshuisaksies, voorberieding begin soms vroeg die middag.
Akademiese sisteem in Gang: Alle inwoners word gemotiveer om vroeg te swat sodat hul nie oshuisaksies mis nie. Verder is die HK-lid se deur altyd oop vir enige akdemiese hulp.
Legendes: Slegs legendes bly op keizergracht, om almal op hierdie webwerf te sit sou onnodig wees.
Gangfilosofie: We imagine a world without war and without hate. We also imagine us attacking that world because they’d never expect it…
Nassau
Betekenis van Gang naam : Oorsprong Nederlands - Jan van Riebeeck se kasteel, Kasteel De Goede Hoop bastion IV -> Gee hoop aan elke wese om trots te groei in sy eie uniekheid.
Tradisies:
-
Balkon braai (agter)
-
Battlefield 1942
-
Beer Run
-
Davy Jones Locker Eksamen afsluit
-
Eerstejaar kamermaat (met geskiedenis)
-
Eerstejaar van die maand (oorsprong 2006 Bok Tuna Tetris)
-
Eerstejaar doop
-
Eerstejaar "bonding time" (Calvyn)
-
Gang koffie
-
Gang rave
-
Gang Kersfees
-
Gang kamp
-
Karate Kallie
-
Kamer stook
-
Nasau works wanneer ook al kan
-
Naam van die week
-
O grote Ollie te veel om te noem
-
Ollie waak
Karakter van Gang: Uniekheid
Atmosfeer in die Gang: Kan slegs ervaar
Akademiese sisteem in Gang: Swot tot jy skryf!
Legendes: Ollie, Kierie, WOW, Charl van die week, ...
Gang filosofie: Leer en kom deur, eet en word vet.
Pantera Leo
Die naam beteken Leeu.
In Panter Leo streef ons daarna om 'n gevoel van broederskap en samehorigheid te handhaaf. Ons staan ook bekend as die "Gentleman Gang".
Die volgende is van ons tradisies:
1. Kampusjag
2. Oudemeester Burgemeester Abadiantus Virgilia Magnus
3. Gangontbyt
4. Gangafsluiting
5. Seunontmoeting
6. Seuntoekenning
7. Gangdrag
8. Ganghemp
9. Diana Kleur
10. Leowaak
11. Ganggroet
12. Walkaway
13. EreAksie
14. Die Oom sisteem
Hierdie is slegs 'n paar van ons Tradisies, die res sal jy moet kom beleef. In Pantera werk die eerstejaars altyd mooi saam om die gang aan die kant te hou en die Atmosfeer so "akademies" moontlik te maak. Ons het jaarliks 'n gangliedjie wat gekies word en sodra die liedjie speel moet al die eerstejaars so gou moontlik by hul Pa's uitkom vir akademiese hulp.
Gangfilosofie: Ons doen dinge in styl...
Pumaville
Vind uit.


