Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Over de Voor Koshuis

Oor Ons

Eerstejaars

Beste Eerstejaar

Baie geluk met jou keuse en toelating tot die tradisierykste koshuis op kampus. Ons wil jou graag deel maak van 50 jaar se ongelooflike geskiedenis. Die einde van die jaar, asook die einde van jou skoolloopbaan is in sig. dis nou die begin van die lekkerste en opwindendste tyd in jou lewe: STUDENTELEWE. In Overs gaan jy die geleentheid kry om jou op alle gebiede uit te leef naamlik: Sport, Kultuur, Akademie, Geloof en nog vele meer.

  • Ontgroening:
    In Over de Voor is daar geen ontgroening nie. Jy betree nou die grootmenswêreld en daarom sal jy soos ‘n volwassene behandel word. Daar is wel ‘n universiteits goedgekeurde O&B (Ontvangs en Bekendstellingsprogram) wat jou vertroud sal maak met die universiteit se belangrikste dienste en aktiwiteite. In Overs kry jy die geleentheid om in ‘n gebalanseerde en verantwoordelike persoon te ontwikkel.
  • Hier volg ‘n lys van dinge wat jy MOET saambring:
    • 2 Blou rugbybroeke
    • ‘n Wit T-hemp
    • Swart baadjie / Blazer (koshuisdrag)
    • ‘n Cream chino langbroek
    • Klere vir Eerstejaarsdinee
    • Atletiekskoene vir eerstejaars atletiek (opsioneel)
  • Dinge wat jy kan saambring:
    • Radio
    • Televisie
    • Rekenaar
    • Videomasjien
    • Fiets
    • Motor
    • Mikrogolfoond
    • Braaipan
    • Eetgerei
    • Bedlamp
    • Wekker
    • Selfoon
    • Verlengingskoord
  •  Indien jy ‘n musiekinstrument kan speel is dit baie belangrik dat jy dit saambring vir die eerstejaarskonsert 
  •  Wat bied Overs aan sy inwoners:
    • DSTV
    • Televisie in ontspanningsaal
    • Wasmasjiene en tuimeldroërs
          o Daar is ‘n dame wat wasgoed was en stryk teen minimale fooi
    • Telefoonhokkies
    • Fietsloods
    • Pooltafels
    • Tafeltennistafel
    • Braaigeriewe
    • Klubhuis
    • Rekenaarkamer vir persone wat ni hul eie rekenaar besit nie
    • Netwerkpunte (internet) in elke kamer
    • Tv punt in kamer (SABC 1,2,3 + Etv)
    • Die beste studentelewe gewaarborg

 

  • Klerasie:                                                                                                                                                       Overs se klerasie is van top gehalte en dit is NOODSAAKLIK vir eerstejaars om hierdie klere aan te koop. Dit bring eenvormigheid en samehorigheid onder eerstejaars en dit sal gebruik word vir die res van hul Universiteitsloopbaan en verblyf in Over de Voor. Hierdie Klerasie pakket beloop R600 en is betaalbaar op die dag wat eerstejaars ontvang en verwelkom word.
    Daar is ook ‘n  opsionele Gholfhemp,pet beskikbaar. Elke senior in die koshuis besit hierdie items en word sterk aanbeveel.
  • Verpligte Klerasie:
    • Formele blou langmouhemp
    • Grys Overs T-hemp
    • Blou Overs Sportbroek
    • Eerstejaars warm seilbaadjie ( nie blazer nie) 

• TOTAAL: R600                                                                                 

  • Opsionele Klerasie:
    • Gholfhemp   R 160
    • Pet               R 80

• TOTAAL:  R240

  • Klubhuisinstandhoudingsfooi: R300
  • Totaal op eerste dag betaalbaar – R1140 (Totale pakket)      
                OF
  • Pakket sonder opsionele Klerasie – R900
    NB! Tjeks word uitgemaak aan die
    Noordwes-Universiteit
    Die klubhuisinstandhouding is ‘n eenmalige fooi en word nie weer gehef in volgende jare van verblyf nie.
  • Koshuiskas:
    Die koshuiskas is jaarliks betaalbaar en word betaal deur elke inwoner van die koshiuis. Die bedrag beloop R600 en sal gedurende die jaar op die studenterekening gehef word. ( Dus nie betaalbaar op eerste dag nie)
    Die bedrag sluit die dinee in aan die einde van die jaar wat R260 per persoon (plus metgesel beloop). Die geld is nie terug betaalbaar nie. Bv as die persoon besluit om nie die dinee by te woon nie. Die koshuiskas betaal onder meer die koshuis se algemene uitgawes en instandhouding.

Baie sterkte met die eindeksamen en die uitslae. Bring asb ook ’n foto van jouself saam volgende jaar. Ons sien uit om julle te ontvang.

Geniet die vakansie

LEEU-groete

Francois Jacobs (Eerstejaarsvoog, O/Primarius 2009/2010)