
Oosterhof
'n Brief van die Primaria
Boodskap aan Voornemende Eerstejaars:
Growth means change and change involves risk, stepping from the known to the unknown- Author Unknown
Liewe nuwe Oosterhof eerstejaartjie... Baie welkom by een van die mees uitdagende maar tog opwindendste asook lekkerste tye van jou lewe. Wanneer jy eendag terugkyk na die bladsye van jou boek hoop ek van harte dat hierdie vir jou een van die mooiste hoofstukke sal wees waaroor jy geen spyt sal hé nie! Hier in Oosterhof, soos ons leuse lui, tel elke individu. Hier is altyd ʼn warm glimlag en ʼn bemoedigende woord wanneer die pad sonder struikelblokke so dikwels voor jou uitstrek! Dit is hier waar jy gevorm en geskaaf word in die dame wat jy bedoel is om te wees, waar jy lewenslange “susters” by jou huis weg van die huis maak, waar jy ʼn trots ontwikkel vir jouself asook ʼn liefde en vreugde vir die lewe ontwikkel. Ons as HK is hier om vir jou leiding tot ʼn gebalanseerde en stabiele studentelewe te bied tydens hierdie groot verandering in jou lewe, al wat ons verwag is dat jy elke geleentheid aangryp met albei hande en elke oomblik daarvan probeer geniet!! Kan nie wag om elkeen van julle te ontmoet nie!!
ONTHOU altyd: Efesiërs 6:18: Julle moet altyd en onder alle omstandighede bid.
Annelize Gouws
Primaria 2011/2012
'n Paar dingetjies om na uit te sien in jou eerstejaar:
· Waatlemoen fees
Tydens die Ontvangs-en bekendstelling is daar ‘n spesiale program vir jul uitgewerk en in die program word die waartlemoen fees ingesluit. Hierdie is ‘n pret-aktiwiteit waar Oosterhof met hul sleep-manskoshuis ‘n waartlemoenfees het en die eerstejaars die ander koshuis se eerstejaars met waartlemoen gooi. Die doel van hierdie aktiwiteit is om die eerstejaars te laat pret he en as eenheid te bind.
· Inligtingsessies tydens oriëntering
Oosterhof se eerstejaars word na die Amfi of na die Sanlam-Ouditorium geneem vir formele inligtingsessies oor die Puk, en luister ook na verskeie professors se toesprake. Ook word hul die geleentheid gebied om die kampusrektor te groet met ‘n kreet of groet wat reeds uitgewerk is. Hier vermaak die Puk orienterings-komitee die eerstejaars en laat hul ontspan en laat hul vergeetvan die lang dag.
· Jool
Oosterhof eerstejaars het ‘n ongelooflike tyd met Jool. Hul word deel gemaak van die koshuis deur te help met die blommetjies vou wat in ‘n ogiesdraad-struktuur ingedruk word. Nadat die hele struktuur dan klaar gebou is, loop die Oosterhof eerstejaars en hul sleepkoshuis se eerstejaars agter die vlot aan deur Potchefstroom. Hierdie skep groot trots onder die eerstejaars-- en is bonop baie pret ook.
HK 2011/12
|
Naam en van: Annelize Gouws Portefeuljes: Primaria: Tug en Veiligheid Studente Nommer: 21662886 Verjaarsdag: 16 Februarie |
|
|
Naam en van: Magda van Tonder Portefeuljes: Kultuur , Eerstejaars en Akademie Studente Nommer: 22174184 Verjaarsdag: 13 Junie |
|
|
Naam en van: Tanya Webb Portefeuljes: SJGD, Instandhouding en Sekretaresse Studente Nommer: 22346937 Verjaarsdag: 24 September |
|
|
Naam en van: Anrike Slabbert Portefeuljes: Jool, Soiaal en reünie Studente Nommer: 22181199 Verjaarsdag: 1 April |
|
|
Naam en van: Hendriëtte Batt Portefeuljes: Onder Primaria, Sport en Borge Studente Nommer: 22263314 Verjaarsdag: 27 Mei |
|
|
Naam en van: Mira de Almeida Portefeuljes: Aksa en Studentebelange Studente Nommer: 22115668 Verjaarsdag: 28 April |
|
|
Naam en van: Merieke van Heerden Portefeuljes: Werwing, Finansies en Klerasie Studente Nommer: 22117164 Verjaarsdag: 11 Desember |
|
Huisouers
Geagte voornemende eerstejaar
Oom Riaan en Tannie Marthie van der Walt ook genoem Oom Ri en Tannie M!
Ons is vanaf Januarie 2002 huisouers by OOSTERHOF.
Oom Riaan is tans werksaam in die Bedryfsafdeling in die Departement Inligtingstegnologie van die Universiteit in die Institusionele Kantoor, en dien ook in 'n verskeidenheid komitees op die kampus. Tannie Marthie is ʼn Senior dosent in Wiskunde aan die Fakulteit Opvoedingswetenskappe, Ons het drie kinders: Marí-Louise (Mel) getroud met Jaco, Lezeth en Jandré, eneen kleindogter Mia. Ons is beide Oud-Pukke (ja, ons het mekaar op die kampus ontmoet!).
As huisouers probeer ons om elkeen welkom te laat voel in ons koshuis. Oosterhof is die tweede oudste Dameskoshuis op die Kampus! Ons rol is om as oorkoepelende leiers vir die koshuis op te tree en ons probeer om die koshuis deurgaans op die 'regte' koers te hou, sodoende skep ons ʼn atmosfeer vir studie, ontspanning, Godsdiens, sport en kultuur.
Hier in OOSTERHOF glo ons om elke dag ten volle te leef op alle gebiede: akademie, sport, kultuur en sosiaal! Hier gee ons vir mekaar om, en daarom ervaar ons ook God se ryke seëninge op ons. Mag jy ook die Hemelse Vader se seën ervaar, mag jy ook jou potensiaal bereik en jou drome verwesentlik. Kom geniet die studentelewe onder ons vleuels - ons belowe dit sal altyd iets wees waarna jy sal terugverlang as jy eers klaar gestudeer het!
In hierdie huis: “waar elke individu tel” is jy altyd welkom!


