Printer-friendly version
Druk
Share this
 

NUUS

Potchefstroomkampus-nuusargief 2010

Gaan na nuusargiewe

Balfour is nuwe dekaan by opvoedingswetenskappe
'n Nuwe dekaan vir die fakulteit opvoedingswetenskappe is pas aangestel. Prof. Robert Balfour (39) sal diens vanaf 1 Januarie 2011 aanvaar. Balfour was die registrateur van St Augustine College van Suid-Afrika. Lees meer

Prof Robert Balfour 90

Grootste dubbelskroef-ekstrueerder in Afrika gebou vir Afrika
Die grootste dubbelskroef-ekstrueerder, wat in Suid-Afrika ontwikkel en gebou is, is vandeesweek op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit bekendgestel. Die Sentrum vir gevorderde vervaardiging, CFAM Technologies Pty Ltd, het die ekstrueerder ontwikkel en gebou. Lees meer

Extruder Profert 90

SARChI ondersteun kernnavorsing by NWU-Puk
'n Professoraat in kerningenieurswese is pas deur die South African Research Chairs Initiative (SARChI) vir die volgende vyfjaarsiklus van Januarie 2011 tot Desember 2015 aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit goedgekeur. Lees meer

Pieter Rousseau 90

Hattingh doen beste M-studie oor steenkool
'n Meestersgraadstudent by die Skool vir chemiese en mineraalingenieurswese op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs die toekenning vir die hoogste punte in sy M-studies in steenkool in Suid-Afrika ontvang. Lees meer

Burgert Hattingh 90

Vliegtuigontwerp wek wye publisiteit
'n PhD-student op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs wye publisiteit vir sy navorsing oor vliegtuigstrukture sonder 'n stertkant ontvang. Joachim Huyssen het sy navorsing in 1989 as voorgraadse student begin. Lees meer

Joachim Huyssen 90

NWU wéér onder bestes in die land
Die Noordwes-Universiteit is vir die vyfde agtereenvolgende jaar as een van die vyf beste grafiese ontwerp-opleidinginstansies in die land aangewys. Vanjaar het die NWU die topposisie (wat Tuks beklee) met slegs vier punte gemis. Lees meer

Thinkahead 2010 90

Prof vat Antarktika aan as 100ste marathon
Hy hel al 99 marathons agter die rug en beplan om die honderdste een 'n grote te maak. Prof Gary van Vuuren, 'n buitengewone professor aan die Skool vir Ekonomie, weet wat deursettingsvermoë behels. Lees meer

Gary van Vuuren 90

Fakulteit bied internasionale konferensie
Die fakulteit van opvoedingswetenskappe aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, is besig om se vere reg te skud om gasheer te speel vir 'n reuse internasionale konferensie. Lees meer

Konferensie 90

Swem SA wil in Puk belê
Swem Suid-Afrika het die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, weens die kampus se voortreflike sportfasiliteite, as ʼn strategiese vennoot geïdentifiseer om swem as professionele sport in die provinsie en nasionaal te help bevorder. Lees meer

Swem SA 90

Stoffberg se passie is sport
James Younger Stoffberg wys na die twee enkelbanke weg van sy lessenaar. Linkerbeen oor regterbeen gekruis, hande inmekaar gevou. Die adjunk-president van die Suid-Afrikaanse Rugby Unie (Saru) lyk ernstig. Lees meer

James Stoffberg 90

Eugene Thipe – new sprinting coach
Cast a quick glance at the NWU-Pukke’s athletic arsenal for the 2011 season, and the image that emerges is one of prodigiously talented students, aided by the best of facilities, under the tutelage of some of the country’s leading experts in their respective fields. Read more

Eugene Thipe 90

NWU-Puk bied unieke geleentheid aan leerders
Die Noordwes-Universiteit se Pukkampus het 'n unieke geleentheid vir een van Potchefstroom se laerskole raakgesien en dié ontwikkelingsgeleentheid nie deur sy vingers laat glip nie. 'n Laerskool in die stad, Laerskool President Pretorius, kry eersdaags sowat 200 nuwe leerders. Lees meer

Annette Combrink 90

Smuts lewer intreerede oor voedingnavorsing
Prof Marius Smuts, verbonde aan die Skool vir fisiologie, Voeding en Verbruikerswetenskappe aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, het onlangs sy intreerede gelewer. Die titel van sy rede was; Voedingnavorsing is 'n studie om balans te herstel. Lees meer

Prof Marius Smuts intreerede 90

Verpleegkunde bevorder internasionale samewerking
Die Skool vir verpleegkunde was onlangs die gasheer van die vierde jaarlikse vergadering van die uitvoerende komitee van 'n internasionale navorsings- en navorsingskapasiteitsbouprogram. Lees meer

Teasdale Corti 90

NWU-Puk staan skoene vol by ISAK wêreldkongres
Professor Hans de Ridder, president van die International Society for the Advancement of Kin anthropometry (ISAK), is pas terug van die wêreldkongres wat vroeër vandeesmaand in Estoril, Portugal plaasgevind het. Lees meer

Prof Hans de Ridder ISAK 90

Puk bemagtig verpleegkundiges
Die Skool vir verpleegkunde aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het 'n broodnodige bydrae gelewer om die vaardighede van Suid-Afrikaanse verpleegpersoneel te ontwikkel en hul sodoende in bestuursposisies op te lei. Lees meer

Verpleegkudiges opgelei 90

Kunstebestuurprogram bied unieke geleenthede
“Die kunste is die hart van gemeenskapsontwikkeling in hierdie tye van verandering waarin ons leef, gaan nou en werk in julle gemeenskappe.” Dit was die boodskap van Puk Kunste tydens die sertifikaatoorhandigngsgeleentheid van 22 kunste-administrasie-leerders. Lees meer

Artema kunstebestuur 2010 90

Daling in rentekoers laat pensioenarisse siek
Die daling in rentekoerse het meestal positiewe gevolge vir die meeste landsburgers, maar sodra die koers verlaag word en mens die sommetjie maak om te sien hoeveel jy nou minder op huis- en voertuigfinansiering gaan terugbetaal, vergeet mens maklik van die negatiewe effek wat dit op pensionarisse het. Lees meer

Rentekoers 90

Alumni trek saam in Windhoek
Die rektor van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, prof. Herman van Schalkwyk, het verskeie oud-Pukke vroeër vandeesmaand in Namibië  besoek as deel van die universiteit se verantwoordelikheid om volgehoue kontak met sy Alumni te behou. Lees meer

Windhoek 2010 90

Proteas het Puk in oorvloed
Shelly Norris, die NWU-Puk se hoof netbalafrigter, slaan die spyker op die kop wanneer sy sê: “Ons is êrens besig om iets reg te doen.”  Die helfte van die SA-netbalspan wat tans in Engeland aan die Fastnet-kampioenskap deelneem, is of was Pukke. Lees meer

Netbal SA 90

Terseus Liebenberg, afrigter van kampioene
Die spiesgooi-afrgiter van Puksport, Terseus Liebenberg, is 'n afrigter van kampioene. Hy het reeds groot name in dié veld tot kampioenstatus help afrig. Lees meer

Terseus Liebenberg 90

NWU-Puk/Absa gholfdag 'n sukses
Die jaarlikse NWU-Puk/Absa gholfdag by die Potchefstroom Buiteklub was vanjaar weer 'n reuse sukses. Dié dag word elke jaar gehou om die donateurs van die universiteit te bedank vir hulle ondersteuning met talle van die NWU-Puk se projekte. Lees meer

Puk gholfdag 2010 90

NWU Puk maak reg vir vol sportprogram
Op sportgebied was sake die afgelope jaar op die NWU-Pukkampus niks minder as adrenalien-opwinding nie! Volgende jaar se sportprogram is reeds volgepak met aksie, van skolesport tot studentesport. Lees meer

Statebond justine en sunette 90

Puk speel gasheer vir WGO kongres
Verteenwoordigers van 29 lande van bykans al die kontinente vergader vandeesweek by die Sports Village op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus om onder meer gehaltebeheer van medisyne te bespreek. “Die wêreld het medisynebeheer nodig indien ons siektes soos MIV en Malaria wil beveg.” Lees meer

WGO 2010 90

NWU Puk neem SA Koorakademie oor
Die Koorakademie van Suid-Afrika gaan van krag tot krag, veral noudat dié akademie onder die vlerk van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus geneem is. Volgens die Skool vir Musiek op die Pukkampus se prof. Hetta Potgieter, is hulle verjeug om dié akademie nou hul eie te maak. Lees meer

Koorakademie 90

Zerwick se kundigheid maak ‘n verskil
Die Studente Jool Gemeenskapsdiens van die NWU se Pukkampus het vir die afgelope vyf jaar die seminare, God’s answer to Aids, befonds en is volgens die SJGD voorsitter, Jean-Marc Stidworthy, besig om ingryping in baie se lewens te maak. Mnr. Johan Zerwick, ‘n senior lektor in Setswana bied die kursusse in Setswana aan. Lees meer

Johan Zerwick 90

Statistiekkonferensie gaan groen
Met die Suid-Afrikaanse statistiekkonferensie wat pas op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus plaasgevind het, het die reëlingskomitee bestaande uit die kampus se departement statistiek en Sentrum vir bedryfswiskunde en informatika, dit goed gedink om dit as ‘n “groen” konferensie te verklaar. Lees meer

Sakke 90

Graad eentjies geniet uitstappie by Pukkampus
Die honneursklas van die vak, organisasie-ontwikkeling van die Skool vir mensehulpbronwetenskappe aan die NWU-Pukkampus het graad eens van die Laerskool President Pretorius onlangs op die kampus trakteer. Lees meer

PP kuier op Puk 90

Juweel langs Vaalrivier
Nooitgedacht, die konferensie- en ontspanningsoord van die Noordwes-Universiteit aan die Vaalrivier, is vanjaar dertig jaar in die Universiteit se besit.  Nooitgedacht is ’n skamele 35 km buite Potchefstroom, maar wat rustigheid, kalmte en afsondering betref, is dit wêrelde verwyder. Dus is konferensies, kampe en vergaderings wat hier gehou word. Lees meer

Nooitgedacht 90

Spiere bult op Puk
Sweet, spiere en ’n swetterjoel Skandinawiërs. Die NWU-Puk was die afgelope week in testosteroon-dampe gehul tydens die Wêreld Kragoptelkampioenskap wat van 7 tot 13 al wat kragman- en vrou is na die kampus gelok het. Nagenoeg 230 deelnemers van 36 lande het aan die kampioenskap deelgeneem. Lees meer

Ricardo 90

Besin oor jou risiko, waarsku Nobel pryswenner
Die vernaamste rede vir die wêreldwye finansiële krisis, is dat die finansiële risiko’s wat geneem word, onderskat word en dat die gevaartekens geïgnoreer word. Lees meer

 Nobel_in

Prof. Harm slaan nog ‘n slag!
Prof. Harm Moraal, verbonde aan die NWU Potchefstroomkampus se Sentrum vir Ruimtefisika, se prestasies is seker al so lank soos sy arm, maar hy het duidelik nog nie genoeg gehad nie. Moraal is pas deur die minister van Wetenskap en Tegnologie, Naledi Pandor aangewys as deel van haar Astronomie Adviespaneel . Lees meer

Prof Harm Moraal_tn

Personeeltekort  bedreig  staat  se  “gratis”  gesondheidsorg
Die regering se voorgestelde “National Health Insurance” gesondheidsprogram, sal nie suksesvol geïmplementeer kan word, voordat die regering nie genoegsame gesondheidverskaffers na die regte geografiese liggings ontplooi nie. Lees meer

 pills_tn

Fakulteit Regte help regering om dienste op te skerp
Die NWU Potchefstroomkampus se Fakulteit vir Regte het pas hul eerste Menseregte Indaba aangebied, wat volgens kongresgangers, ‘n reuse sukses was. Die indaba was in samewerking met die Konrad Adenauer Stigting, Duitsland, aangebied en het op afgevaardigdes van plaaslike regering en laer howe gefokus. Lees meer

indaba_tn

Eerstejaars van 50 jaar terug ontmoet weer
Die jaarlikse reünie van eerstejaars van 50 jaar gelede het vanjaar weer op 26 Oktober 2010 op die NWU se Potchefstroomkampus plaasgevind. Lees meer

1960_tn

Wannie bring eerste van sy soort op die rakke
Vir dié wat prof. Wannie Carstens, direkteur aan die NWU Potchefstroomkampus se Skool vir Tale, beny het vir sy jaarlikse asemrowende vakansies in België… Hier is nuus. Hy het homself daar gaan afsonder om sy volle aandag aan sy nuwe boek te gee. Die harde werk het beloon, en die boek is uiteindelik uitgegee! Lees meer

Teksredaksie_in

Rektor kuier saam met dominees
‘n Afvaardiging van die NWU se Potchefstroomkampus, waaronder die rektor en personeel van die Alumnikantoor, het verlede week oud-Teologie studente wat voorheen verbonde was aan dié kampus, met ‘n amekoms in Johannesburg bederf. Lees meer

Predikante_tn

Inspirerende dosente ontvang pryse van Rapport
Altesame sestien dosente op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het pryse ontvang ná studente kon stem vir dosente wat hulle die meeste met innoverende onderrig inspireer. Twee dosente is per fakulteit gekies. Lees meer

Rapport dosent komp90

Bekende oudpredikant lewer intreerede
ʼn Professor in Dogmatiek aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit en bekende oudpredikant in die stad het pas sy intreerede gelewer. Prof. Callie (CFC) Coetzee was vir twintig jaar, van 1982 tot 2002, ʼn predikant van die Gereformeerde Kerk op Potchefstroom. Lees meer

Prof Callie Coetzee 90

Goue Pendoring vir Pukstudent
Die vakgroep grafiese ontwerp se sukses het vanjaar nóg ʼn veer in sy hoed gekry met die toekenning van ʼn goue Pendoring in Afrikaanse reklame. Mnr. Wessie van der Westhuizen, dosent, en een van sy studente, Theresa le Grange se projek, Roofies, vir MK het die goue toekenning ontvang. Lees meer

Grafies 90

NWU speel gasheer vir gesogte konferensie in statistiek
Die Suid-Afrikaanse statistiekkonferensie vind eersdaags op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus plaas. Bekende Internasionale sprekers, waaronder ‘n Nobelpryswenner, sal vanaf 8 tot 12 November hier in aksie wees. Lees meer

Prof Robert Engle 90

Uitsonderlike nadoktorale student roep Puk vaarwel
“Wat ek hier vermag het, sou ek nooit kon doen sonder die hulp en bystand van die bekwame personeel op die Puk nie.” Dit is die afskeidswoorde van wat die Skool vir Musiek beskou as ‘n uitsonderlike nadoktorale navorser, dr. Christian Onyeji. Lees meer

Dr. Cristian Onyeji 90

NWU bemagtig leerders in hernubare energie
Meestersgraadstudente aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus se Skool vir Chemiese en Mineraalingenieurswese het as deel van ‘n gemeenskapsprojek, kragte saamgesnoer om ‘n verskil in die lewens van Ikageng-inwoners te maak. Lees meer

Elektrisiteit demonstration 90

Rektor trots op vrugte uit penne van akademici
Die rektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het verskeie akademici bedank vir die boeke wat hulle tot die uitstalling in sy kantoor bygedra het en gesê hy is trots op elke bedrae wat hy ontvang het. Lees meer

Boekuitstalling 90

Kotzé is beste baas van die jaar
Die bestuurder van die gesondheidsorgsentrum op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is onlangs as die Baas van die Jaar in Potchefstroom aangewys. Dr. Emile Kotzé het die toekenning ontvang. Lees meer

Baasdag 90

Eerste Strategy Trader aandele-kompetisie 'n groot sukses
Studente van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs hulle vernuf op die aandelemark getoets met ʼn kompetisie wat Strategy Trader aangebied het. Meer as negentig studente uit verskeie fakulteite het met ʼn fiktiewe bedrag van R100 000 vir die tydperk van 16 Augustus tot 23 September aandele verhandel. Lees meer

Strategy Trader 90

Eerste fase van webwerf-ontwikkeling suksesvol voltooi
Danksy die toewyding van alle rolspelers is die bekendstelling van die eerste fase van die nuwe NWU-webwerf suksesvol voltooi. Mnr. Louis Jacobs, direkteur van korporatiewe kommunikasie, sê soos voorheen besluit is, sal hierdie fase as platform dien vir die verdere vestiging van die hele herontwikkelde webwerf. Lees meer

Louis Jacobs 90

Ontbyt saam met Eloff op sy balkon
Die huiskomiteelede van Hombré-manskoshuis op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het 'n verrassingsbesoek by die visekanselier van die NWU, dr. Theuns Eloff, afgelê. Lees meer

Hombre by dr Theuns 2010 90

Rektor lig nuwe visie van Pukkampus toe
Die visie van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus is om ‘n navorsingsgerigte kampus te word waar uitnemendheid in sowel onderrig-leer as navorsing, wedersyds versterkend is. Dié nuwe visie is tydens die amptelike afsluiting van die akademiese jaar deur die rektor aan personeel en studente toegelig. Lees meer

2010 Afsluiting90

Studente se robot prikkel belangstelling by Verenigde Nasies
Twee vierdejaar-ingenieurstudente op die NWU se Potchefstroomkampus is besig om opspraakwekkende tegnologie te ontwikkel wat moontlik eersdaags deur die VN ingespan sal word. Albert Sorgdrager en Johan Pieterse, onder leiding van dr. Pieter van Vuuren, het pas die prototipe van hul landmyn opsporingrobot voltooi. Lees meer

Landmyn90

Klopper ontvang nasionale toekenning
Die direkteur van die Skool vir verpleegkunde het pas ‘n nasionale toekenning vir haar leierskap in verpleegonderrig ontvang. Prof. Hester Klopper het die toekenning vir uitnemendheid in verpleging vir haar leierskap in verpleegonderrig van die Verpleegonderrig-vereniging vir 2010 ontvang. Lees meer

Prof Hester Klopper 90

Grafiese student wen Goue Eier
Studente van grafiese ontwerp binne die Skool vir kommunikasiestudies het vanjaar vir die derde agtereenvolgende jaar met ‘n Goue Eier-toekenning van die Goldpack-kompetisie teruggekeer. Die derdejaarstudent, Bernice Douglas, het R8 000 se pryse losgeslaan. Lees meer

Goldpack90

Artikel van ingenieurs van gewildstes in internasionale joernaal
‘n Artikel wat deur twee dosente en ‘n nagraadse studente van die fakulteit ingenieurswese geskryf is, is tans nommer 13 op die internasionale joernaal, Nuclear Engineering and Design, se top 25 gewildste artikels. Lees meer

Pieter Rousseau 90

Puk-studente slaan Duitse beurse los
Twee derdejaarstudente van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het pas studiebeurse ter waarde van R15 000 elk van die Duitse Akademiese Uitruildiens (Deutscher Akademischer Austauschdienst - DAAD) ontvang. Lees meer

Duitse beurse 90

Duisende baat by beurse van NWU
Sowat 8 600 studente het vanjaar baatgevind by verskeie vorme van beurse van die Noordwes-Universiteit.  Volgens die NWU se beurs-jaarverslag is daar vanjaar net meer as R35 miljoen se beurse aan NWU-studente beskikbaar gestel. Lees meer

Beurse Gold 90

Ikoon op Pukkampus word veertig
Een van die ikone op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit vier vanjaar sy veertigste verjaardag.  Die duikweg onder die spoorlyn, wat die hoofkampus vanaf die agterkant van die hoofgebou met die weskampus verbind, is in 1970 voltooi. Lees meer

Duikweg bingle90

Rektor groet vertrekkende studente
“Hierdie is net nog een van die vele uniekhede van die Potchefstroomkampus wat sover my kennis strek, nie op ander kampusse plaasvind nie." Dit was die woorde van die rektor van die NWU-Puk, prof. Herman van Schalkwyk, tydens die jaarlikse rektorsfunksie vir vertrekkende studente. Lees meer

2010 Vertrekkendes 90

Huiskomitees besoek argief en museum
Die onderskeie huiskomitees van koshuise op die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs begeleide toere deur die argief en museum van dié universiteit meegemaak. Die Alumnikantoor het die besoeke gereël. Lees meer

Argiefbesoek 90

Viljoen, Thagane is Pukke se beste
Daar was geen gesnak na asems of geskokte uitdrukkings toe Sunette Viljoen (spiesgooi) vir die tweede agtereenvolgende jaar as die universiteit se senior sportvrou van die jaar tydens die NWU Puk-Sport se jaareindfunksie aangekondig is nie.  Lees meer

2010 Puksportmv90

Nog wêreldatlete in Potch te sien
Die stad van deskundigheid en die NWU-Pukkampus sal eersdaags die gasheer vir die 31ste Kragoptel Wêreldkampioenskap wees. Volgens die president van die Suid-Afrikaanse Kragoptelfederasie, Hannie Smith, sal sowat 280 atlete van 36 lande op die NWU se Potchefstroomkampus te sien wees. Lees meer

Kragoptel Ricardo 90

Puk-onderriginisiatief skep reuse drang na onderrig
Sowat 22 jaar gelede het die Noordwes-Universiteit ‘n aanvullende onderriginisiatief van stapel gestuur wat oor die jare gelei het tot een van die land se suksesvolste bemagtigingsprojekte. Dié mostertsaadjie het sedertdien tot ‘n reuse boom gegroei en het betrokkenes se stoutste verwagtinge oortref. Lees meer

Ikateleng Engen Prize winners 90

SAS hernu vennootskap met NWU
Die SAS Instituut van Suid-Afrika en die Noordwes-Universiteit (NWU) het die ondertekening van ʼn ooreenkoms voltrek wat ʼn lank bestaande vennootskap tussen die twee organisasies herbevestig. Lees meer

BWI en SAS ondertekening 2010 90

Pukke wen skynhof-kompetisie
Die NWU Potchefstroomkampus se regsfakulteit was vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar die wenners van die Lexis Nexis Intervarsity Criminal Mock Trial Competition 2010. Lees meer

Skynhof 2010 90

Ingenieurs-professors deel hul kundigheid
Prof. Frans Waanders, direkteur by die Skool vir chemiese- en mineraalingenieurswese het die 4th International Freiberg Conference vroeër vanjaar in Dresden, Duitsland bygewoon waar hy ʼn voordrag gelewer het en verkies is op die raad van dié konferensie. Lees meer

Waanders en Campbell 90

Inspanning van tegnologie kry pakslae tydens Puk-Forum
Die jaarlikse NWU-Puk-Forum het op 18 Oktober plaasgevind ter herdenking van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit se 141-jarige bestaan. Lees meer

Puk-forum 2010 90

Rugprobleme lei tot internasionale erkenning
Dit was haar intense rugpyn wat haar gedryf het om meer navorsing hieroor te doen, wat eindelik haar naam op die internasionale merieterol gekry het. Lees meer

Corne Botha 90

Noordelike halfrond se winter gaan ons sakke ruk
Slegte nuus vir Suid-Afrikaanse verbruikers is dat die brandstofpryse vroeg volgende maand heelwat sal styg. Volgens die Departement van Minerale en Energie word die verhoging in petrol op sowat 22 sent per liter geskat. Lees meer

Petrolpump 90

Dosent bied bul van ʼn klas aan
“Daar is nie ʼn vreeslike groot obskure motivering vir die gebruik van ʼn meganiese bul vir my klas nie. Dis maar net iets wat ek nog altyd wou doen... en ek dink dis pret.” So sê mnr. GP van Rheede van Oudtshoorn, dosent in kommunikasiestudies. Lees meer

Bul van 'n klas 90

Kosbare herinneringe van 1960 se eerstejaars
Net soos elke jaar hou die Noordwes Universiteit vanjaar ’n reünie vir die eerstejaars van vyftig jaar vantevore.  Vanjaar se reünie is dus vir die oudstudente wat in 1960 by die destydse PU vir CHO en POK ingeskryf het. Lees meer

1960 WC Windell  90

Laureus-manne wys hul lywe vir goeie saak
‘n Inisiatief om geld in te samel vir verskeie projekte, het ontaard in iets waarvoor baie damesstudente hul voortande sal gee. Lees meer

Laureus kalender 90

Mahoney sê vaarwel
Ná vier jaar en meer as ’n honderd wedstryde vir die NWU-Pukke, het skrumskakel Andries Mahoney, Dinsdag 12 Oktober op die mees gepaste manier vaarwel aan die universiteit gesê. Lees meer

Andries Mahoneyo90

NWU-Puk lei steeds kwaliteit kerningenieurs op
Die Nagraadse skool vir kernwetenskap en ingenieurswese aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit sal voortgaan om op kwaliteitonderrig te konsentreer en kerningenieurs van formaat te lewer. Lees meer

Prof Eben Mulder_90

Breinpakkie-ete bevestig Puk se bevoegdheid
Sowat 100 navorsers en belangstellendes van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het die voorreg gehad om na die ervarings van A- en B-gegradeerde professors te luister. Die kampus se tweede “breinpakkie-ete” het verlede week plaasgevind. Lees meer

Breinpakkie 90

Puk se Statebond-heldinne triomfeer
Aan die kalwers ken jy die boer. Ewe so dan dat ’n nuwe SA- en Afrika-rekord (66.38) sowel as nóg ’n goue medalje by die Statebondspele beteken dat die NWU-Pukke se spiesgooier, Sunette Viljoen, ’n jong vrou is wat nie op haar louere rus nie. Lees meer
 

Statebond justine en sunette 90

Puk ingenieurstudente verhoog lewensgehalte
Eerstejaarsstudente van die Fakulteit Ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het besluit om die spreekwoordelike bul by die horings te pak en gaan binnekort deur middel van verskeie projekte die lewens van ander raak. Lees meer

Dipstasie 90

Puk-prof op minister se adviespaneel
Professor Heilna du Plooy van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus se Skool vir Tale, is pas deur die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, as deel van ‘n paneel benoem om hom te adviseer oor 'n toekomstige beleid vir die geesteswetenskappe in hoër onderwys. Lees meer

Heilna du Plooy 90

Tegnologie en religie onder soeklig by Puk-Forum
Ter herdenking van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit se 141-jarige bestaan, bied die kantoor van die kampusrektor, die fakulteit ingenieurswese en die Instituut vir grondslae-ondersoek van die Potchefstroomkampus die NWU-PUK-forum op 18 Oktober aan. Lees meer
 

Egbert Schuurman 90

Studente van die NWU ontvang grade in Londen
Verskeie grade aan studente van die Greenwich School of Theology (GST), asook van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, is tydens ‘n konvokasie-seremonie in Londen aan hulle oorhandig. Lees meer

Londen grade 90

Behoeftiges kry voet in deur by Puk se kaalvoetdag
Een van die hoogtepunte op die Studente Jool Gemeenskapsdiens (SJGD) se kalender is die jaarlikse Kaalvoetdag wat op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit plaasvind.  Lees meer

Kaalvoetdag 2010 90

Mahoney is NWU-Puk se speler van die jaar
Uitmuntendheid op die veld, jare lange diens van die veld af en die groet van ’n legende. Dít en vele meer is Dinsdagaand tydens die NWU-Puk-rugbyinstituut se jaareindfunksie vereer met Andries Mahoney, kookwater-skrumskakel van die NWU-Puk, wat as die universiteit se Speler van die Jaar aangewys is. Lees meer

2010 Rugbyinstituut pryswenners 90

Pukke se langasems stap weg met drie krone
Die langasem-atlete van die NWU-Puk het onlangs met drie krone tydens die jaarlikse USSA-kampioenskappe weggestap. Lees meer

Elroy Gelant 90

Ingenieurs kry nuwe kompleks
'n Nuwe ingenieurskompleks word tans op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit gebou. Die terrein is geleë tussen die Botaniese Tuin en die visekanselierswoning. Bouwerk het reeds begin en die voltooiingsdatum is Augustus 1011. Lees meer

Ing gebou 90

Puk se D-studente gereed om wêreld by horings te pak
Altesame 44 doktorsgrade is tydens die jaarlikse lentegradeplegtigheid aan studente van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus toegeken. Vir die rektor van die kampus, prof. Herman van Schalkwyk, was dit ‘n reuse eer om dié studente, waarvan ses personeellede is, die wêreld in te stuur. Lees meer

Lente grade 2010 90

Puk-grafiese studente blink oral
Agt grafiese ontwerp-studente aan die NWU se Potchefstroomkampus is vanjaar weer met ‘n gesogte Loerie-toekenning bekroon. Die Loeries beloon kreatiewe uitnemendheid en die uitbou in die velde van bemarking , advertensiewese, asook grafiese ontwerp en digitale media. Lees meer

Grafies 90

NWU-Puk borg weer Beeld Jeugberaad
Die NWU-Puk het vanjaar vir die sesde agtereenvolgende jaar die gewilde Beeld Jeugberaad aangebied. Die beraad gee leerlinge die geleentheid om as leiers te ontwikkel en ook om saam met mede-leerders leierskapsontwikkelingsaktiwiteite te doen. Lees meer
 

Beeld jeugberaad 90

Puk-Alumni kuier saam in Londen
Die NWU-Puk Alumnikantoor het onlangs ʼn reünie van oudstudente in Londen, Engeland gereël. Altesame 55 oudstudente het die geleentheid bygewoon waar hulle met egte Suid-Afrikaanse gasvryheid onthaal is. Lees meer

Londen 2010 90

CTexT en Pharos dra by tot veeltaligheid
Die Sentrum vir tekstegnologie (CTexT®) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het die ontwikkeling gedoen van ʼn nuwe sagtewareweergawe van Pharos Woordeboeke se Multilingual Illustrated Dictionary. Lees meer

CTexT en Pharos 90

Studente span saam met boomplantdag
Studente van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het vanjaar deelgeneem aan boomplantweek en twee bome in die Botaniese Tuin op die kampus geplant. Lees meer
 

Botaniese Tuin 90

Burger lewer lesing
Die Instituut vir Grondslae-Ondersoeke binne die fakulteit lettere- en wysbegeerte het onlangs weer ʼn lesing in sy reeks openbare lesings vir 2010 aangebied. Prof. Willie Burger, hoof van die departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria was die spreker. Lees meer

Grondslag lesing 90

Halfeeu-oue konservatorium vier verjaarsdag met reuse konsert
Die Noordwes-Universiteit se Skool vir Musiek vier vanjaar die vyftigste herdenking van die konservatoriumgebou op die Potchefstroomkampus met 'n spesiale Dekaanskonsert op Dinsdag 12 Oktober. Lees meer
 

Brass ensemble 90

Brummer wys hakskene, wen silwer
Dit is in sy bloed, sy oneindig lang asem en elke tree daarvan vir sy geloof. Die NWU-Pukke se Dean Brummer het onlangs tweede geëindig in die Suid-Afrikaanse senior landloopkampioenskappe se 4 km-sportnommer wat in Limpopo gehou is. Lees meer

Dean Brummer 90

NWU kyk na waterstof as alternatiewe energiebron
Die Noordwes-Universiteit is in samewerking met die WNNR aangewys as een van drie vaardigheidsentrums in die land wat navorsing oor waterstof as energiebron gaan doen. Die departement van wetenskap en tegnologie het in 2008 die handelsmerk Hydrogen South Africa (HySA) geregistreer om waterstof as veilige energiebron na te vors en te ontwikkel. Lees meer

Dmitri Bessarabov 90

Puk-professor neem voortou teen besoedelstowwe, osoon
Nie net beskik die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus oor een van die land se voorste “groen-ambassadeurs” nie, maar ook nou ‘n paneellid in die wetenskaplike en tegniese adviespaneel vir die Global Environment Facility (GEF). Lees meer

Henk Bouwman 90

Puk se regsfakulteit tel onder bestes
Ten spyte van die feit dat die Regsfakulteit op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus oor 'n relatiewe klein akademiese personeelkorps beskik, behaal dié fakulteit se deskundiges groot hoogtes op nasionale-, sowel as internasionale vlak. Lees meer

Regte 90

Toerisme gasheer van internasionale konferensie
Die Instituut vir toerisme en vryetydstudies van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het pas die jaarkonferensie van AIEST aangebied. Die tema van die sestigste konferensie van die AIEST was toerisme-ontwikkeling ná die keerpunt, hoe om wêreld-wanbalanse die hoof te bied en om by te dra tot die millennium se doelwitte. Lees meer

Toerisme konf 90

Vier Pukke slaggereed vir Statebondspele
Vier atlete van die NWU-Pukke se Dreamveldt-atletiekklub is ingesluit in die groep van elf om Suid-Afrika in die Statebondspele wat 6 Oktober in Nieu-Delhi afskop te verteenwoordig. Hulle is Sunette Viljoen (spiesgooi), Justine Robbeson (spiesgooi), Simon Magakwe (100 m en 200 m) en Tumelo Thagane (driesprong). Lees meer
 

justine robbeson 90

Kenner van VSA bied koor-werkswinkel aan
Die Instituut vir kunstebestuur en ontwikkeling, Artéma, van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het pas ʼn werkswinkel vir koorleiers, koororganiseerders en dirigente aangebied in samewerking met die kunstesentrum van die Universiteit van Johannesburg. Die werkswinkel is gelei deur Jonathan Griffith van New York. Lees meer

Kooropleiding 90

Puk-student kraai koning in ‘oorlogvoering’
Vir baie mense is die rekenaarspeletjie Minesweeper slegs ʼn vorm van tydverdryf, maar vir Bertie Seyffert, ʼn M.Sc. student aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, is dit ʼn passie waarmee hy al groot hoogtes bereik het. Bertie beklee die algehele tiende plek ter wêreld. Lees meer

Bertie Syffert 90

NWU vierde jaar in ʼn ry aangewys as bes bestuurde universiteit
Die NWU het opnuut erkenning gekry vir sy verbintenis tot die handhawing van beste praktyk in doeltreffende bestuur en korporatiewe bestuur toe die NWU vir die vierde agtereenvolgende jaar die eerste plek behaal het in PricewaterhouseCoopers se korporatiewebestuurs-toekenning vir Uitnemendheid in Hoër Onderrig. Lees meer

NWU Main

NWU-Puk en Aardklop bied wedloop
Die NWU-Puk Aardklop-padwedloop word eersdaags tydens die Kunstefees in Potchefstroom aangebied. Die wedloop van 10km word op Saterdag, 2 Oktober om 07:00 vanaf die hoofgebou op die Pukkampus aangebied. ʼn Pretdraf van 5km word ook gereël. Lees meer
 

NWU-navorsing oor uitvoergeleenthede ʼn eerste in Suid-Afrika
Ekonome van die Noordwes-Universiteit het ’n navorsingsmodel ontwikkel om uitvoergeleenthede vir Suid-Afrika te identifiseer. Dit is ’n eerste in Suid-Afrika en wat omvangrykheid betref ook ’n eerste in die wêreld. Daarby het die navorsing wat die model voorafgegaan het, aanleiding gegee tot drie doktors- en twee meestersgrade. Lees meer

Uitvoergeleenthede 90

Pukke soek weer kroon van 2008
Gaan die Pukke vanjaar een beter gaan? Die NWU-Puk-rugbyinstituut se aanslag op die nasionale klubkampioenskap skop Saterdagmiddag (18 September) in Stellenbosch af wanneer verlede jaar se naaswenners teen Middelburg uitdraf. Die Puk het in 2009 in die eindstryd van die klubkampioenskappe 36-34 teen Hamiltons verloor. Lees meer

rugby_rudy_joubert_90

Van Rooyen se intreerede spreek rol van Renien in hoë bloeddruk aan
Prof. Johannes van Rooyen, verbonde aan die Skool vir Fisiologie, Voeding en Verbruikerswetenskappe op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, het op onlangs sy intreerede gelewer. Van Rooyen is die afgelope twaalf jaar by navorsing betrokke wat die risiko faktore vir hipertensie onder swart Afrikane ondersoek. Lees meer

Prof Johannes van Rooyen 90

Carstens vir verdere termyn as voorsitter verkies
Die direkteur van die Skool vir Tale is pas vir ‘n verdere termyn aangewys as voorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR). Prof. Wannie Carstens was sedert die begin van die proses, wat uiteindelik tot die totstandkoming van die ATR gelei het, betrokke as inisieerder en drywer van die proses. Lees meer

Prof Wannie Carstens 90

Pukke behaal vierde plek in wêreld met sakevernuf
Vier studente van die Skool vir rekeningkundige wetenskappe het die Noordwes-Universiteit se naam gehou met ʼn vierde plek in die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA) Global Challenge wat in Maleisië gehou is. Die studente het teen dertien ander lande kompeteer. Lees meer

CIMA kompetisie Maleisie 90

Afstandsonderrig onder soeklig by NWU
Die Nasionale Eenheid vir Oopleer-Afstandsonderrig in Suid-Afrika (NADEOSA) se jaarkongres is vanjaar deur die Noordwes-Universiteit aangebied.  Dit is die grootste konferensie in afstandsonderrig ooit in die land en is bygewoon deur afgevaardigdes van verskeie lande. Lees meer

Nadeosa kongres 90

Regslui praat saam oor goeie trou, ubuntu onder soeklig
Die fakulteit regte van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het onlangs in samewerking met die Alexander von Humboldt Stiftung van Duitsland, 'n "Kolleg" aangebied. Die geleentheid is deur vooraanstaande akademici uit Europa, Afrika en Suid-Afrika bygewoon. Lees meer

Humboldt Kolleg 90

Vergeet-My-Nie is nasionale sêr-wenner
Die dames van Vergeet-My-Nie-koshuis op die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit het vanjaar met die louere weggestap ná hulle as die ATKV se nasionale universiteite sêr-wenners gekroon is. Vyf universiteite, Puk, Tukkies, UJ, Kovsies en Maties, het aan dié gesogte kultuuraktiwiteit deelgeneem. Lees meer

VMN serwenners 90

Serenaders is streekwenners
Die Serenaders van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit het vanjaar die Noordwes-streekkompetisie gewen en sal in Desember aan die nasionale koorfees in Pretoria deelneem. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat die Serenaders deurdring na die eindstryd van die Ou Mutual nasionale koorfees. Lees meer

Serenaders 2010 90

Konservatorium vier vanjaar halfeeu
Vanjaar is dit presies vyftig jaar dat die Konservatorium van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus in gebruik geneem is.  Die Konservatorium is die tuiste van die Skool vir Musiek.  Dit is destyds beskryf as die mees moderne in die Unie en die PU vir CHO was die eerste universiteit in die land wat sy eie Konservatorium gehad het. Lees meer

Konservatorium 90

NWU-Puk se eerstejaars van 1960 hou reünie
Die eerstejaars van vyftig jaar gelede word vanjaar weer hartlik genooi om ʼn reünie op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit by te woon. Alle eerstejaars van 1960 van die PU vir CHO, asook van die voormalige Potchefstroomse Onderwyskollege (Pote), word genooi om hulle alma mater op 26 Oktober te besoek. Lees meer

NWU Puk Alumni 90

Personeel laat ander lag op Loslitdag
Personeel in verskillende departemente op die Potchefstroomkampus het op Loslitdag vanjaar se tema ter harte geneem en ander behoorlik laat lag. Die tema vir vanjaar se Loslitdag was “laat ons lag met jou drag” en daar was van ʼn by en weermaguniform tot ʼn diepseeduiker wat die lagspiere gekielie het. Lees meer

Loslitdag 90

Oud-Puk ontvang vierde eredoktorsgraad
‘n Oudstudent en -hoogleraar van die voormalige PU vir CHO en internasionale kenner van anorganiese chemie het pas sy vierde eredoktorsgraad ontvang.  Lees meer

Oud-Puk ontvang vierde eredoktorsgraad

Jagters se besteding neem toe ten spyte van resessie
Die jongste resultate van die derde nasionale opname wat deur die Instituut vir Toerisme en Vryetydstudies by die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) uitgevoer is rakende die profiel en besteding van biltongjagters in Suid-Afrika is deur prof Peet van der Merwe en prof Melville Saayman vrygestel.   Lees meer

Jagters se besteding neem toe ten spyte van resessie

AUTHeR en CEN straal oor nuwe SuNRAY-studie
‘n Aansoek van die Afrika-Eenheid vir transdissiplinêre gesondheidsnavorsing (AUTHeR) en die Sentrum vir uitnemendheid vir voeding (CEN) vir ‘n nuwe navorsingstudie oor volhoubare voedingsnavorsing in Afrika is die enigste geslaagde aansoek wat deur die Europese Unie befonds sal word.  Lees meer

 AUTHeR en CEN straal oor nuwe SuNRAY-studie

Chrisna bereik nuwe hoogtes
Die NWU-Pukke se Chrisna Bootha is opgeneem in die Protea nasionale netbalspan wat van 24 September tot 17 Oktober aan die Statebondspele in Dehli, Indië gaan deelneem.   Lees meer

Chrisna bereik nuwe hoogtes

NWU-Puk geriewe gebruik tydens wêreldtoernooi
Die internasionale krieketraad (IKR) se eerste vrouekrieket-uitdaagtoernooi ooit, word vanjaar van 6 tot 16 Oktober in Potchefstroom aangebied.  Lees meer

NWU-Puk geriewe gebruik tydens wêreldtoernooi

Esti help met uitsending van Springbok-wedstryd op radio
‘n Kenner van biokinetika is onlangs gevra om kommentaar te lewer tydens RSG se uitsending van die rugbywedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks in Soweto.  Lees meer

Esti help met uitsending van Springbok-wedstryd op radio

Puk trap klei in Predatore-finaal
Die NWU-Pukke het Woensdagaand in Randfontein 26-17 vasgeval teen UJ in die finaal van die Predatore-liga.  Wesley Robberts, UJ se losskakel, het die Puk met sy akkurate korrel pale toe gekasty, hoewel mens moet erken dat hy ’n bondgenoot in die blaser gehad het. 
Lees meer
 

Puk trap klei in Predatore-finaal

Vrywilligers leer hoe om bome te plant
Veertien vrywilligers uit die gemeenskap het onlangs kom kers opsteek by die Botaniese Tuin oor hoe om bome te plant.  Mnr. Martin Smit van die NWU se Botaniese Tuin sê die opleiding was spesifiek gemik op nasionale boomplantdag.  Lees meer

Botaniese Tuin

Ingenieurstudente betree podium met derde plek
Vyf ingenieursstudente van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het vanjaar die derde plek in die jaarlikse Cyber Junkyard-kompetisie gewen.  Lees meer

Junkyard 2010

Kellner lewer insette op internasionale vlak
• Biodiversiteit en ekosisteemdienste onder die soeklig
‘n Internasionale kenner oor die bekamping van verwoestyning van die Noordwes-Universiteit het die VN Konvensie vir die bekamping van verwoestyning by die Verenigde Nasies se IPBES-vergadering in Suid-Korea verteenwoordig.  Lees meer

Prof Klaus Kellner_90

NWU is krag agter TRAC-wetenskapslaboratorium
Die Noordwes-Universiteit het ‘n reuse aandeel daarin gehad om met die hulp van ‘n mobiele laboratorium, wetenskap by agtergeblewe skoolkinders in die onderwysstreek rondom Potchefstroom en Klerksdorp uit te bring. TRAC SA (Technology Research and Activity Center) het dié mobiele laboratoriums ontwerp wat skole besoek sodat hulle self praktiese wetenskap-eksperimente kan doen. Lees meer
 

TRAC laboratorium 90

Internasionale kenners deel inligting oor insolvensiereg by NWU
Verskeie bekende akademici op die gebied van insolvensiereg het ‘n colloquium oor dié onderwerp van die fakulteit regte op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit bygewoon. Prof. Leonie Stander, wat die colloquium aangebied het, het gesê die doel was om op enkele vernuwende aspekte van die insolvensiereg te fokus. Lees meer
 

Insolvensie colloquium_90

Jonker-broers onder vyf bestes in die wêreld
Die bekende Jonker-broers in sweefvlieg het nog ‘n tree op hulle pad na sukses gegee tydens vanjaar se wêreldsweefvliegkampioenskap in Hongarye. Attie en Uys Jonker, albei dosente by die Skool vir Meganiese Ingenieurswese op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, het uitstekend gevaar tydens dié kampioenskap. Lees meer
 

Jonker sweertuig 90

Vier Dreamveldt NWU-Pukke na Statebondspele
Vier van die elf Suid-Afrikaanse atletiekspanlede wat Suid-Afrika eersdaags by die Statebondspele in Indië gaan verteenwoordig, is atlete van die Dreamveldt NWU-Puk atletiekklub. Die atlete is Tumelo Thagane vir driesprong, Justine Robbeson en Sunette Viljoen vir spiesgooi en Simon Magakwe vir die 100m en 200m. Lees meer
 

Tumelo Tagane_90

Van Rooyen is nuwe SR-voorsitter
Jaycee van Rooyen is pas verkies tot die nuwe voorsitter van die studenteraad op die NWU se Potchefstroomkampus. Jaycee sê dit is vir hom ‘n ongelooflike voorreg, maar terselfdertyd is hy ook kinderlik opgewonde oor die termyn wat voorlê. “Ek het baie planne wat ek wil implementeer, maar gaan nie nou al iets daaroor sê nie.” Jaycee was verlede jaar die SR-lid verantwoordelik vir finansies en is besig met sy meerstersgraadstudies in farmasie. Lees meer

Jaycee van Rooyen 90

Afstandleer onder soeklig tydens internasionale konferensie
Die Skool vir voortgesette onderwysersopleiding binne die fakulteit opvoedingswetenskappe, is eersdaags die gasheer van ‘n internasionale konferensie oor afstandleer op die NWU se Potchefstroomkampus. Die tema van die kongres is die beleid en etiese praktyk binne die volhoubaarheid van oop-afstandleer in die ontwikkelende stadium. Lees meer
 

nadeosa 90

Alumni-kantoor kuier by oud-Pukke in Suid- en Wes-Kaap
Die Alumni-kantoor van die NWU het onlangs twee saamtrekke in die Kaap gehou om oudstudente, skoolhoofde en ouers van voornemende studente op hoogte te bring van die vooruitstrewende universiteit. Die rektor van die Potchefstroomkampus, prof. Herman van Schalkwyk, het sowat 140 oud-Pukke, hoofde en ouers in George ontmoet en sy visie vir die universiteitskampus met hulle gedeel. Lees meer

George saamtrek 90

Kerningenieurs doen baanbrekerswerk met navorsing
Baanbrekerswerk word by die nagraadse Skool vir kernwetenskap en -ingenieurswese gedoen met navorsing oor die brandstof vir die toekoms. Prof. Eben Mulder van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit sê die mineraal, thorium, bied opwindende opsies as kernbrandstof. Lees meer
 

Prof Eben Mulder_90

Schutte wen gesogte wetenskapprys
Een van die Noordwes-Universiteit se jong vroue-wetenskaplikes is pas deur die Departement van wetenskap en tegnologie (DWT) as die wenner van die Suid-Afrikaanse Vroue in Wetenskap-kompetisie (Women in Science Award - WISA) bekroon in die kategorie vir jong vroue wat hulle in lewenswetenskappe onderskei het.  Lees meer

Prof. Alta Schutte

Personeel gedenk Hennie Bingle se 100ste verjaardag
Verskeie personeellede het Maandagaand (16 Augustus) op in ‘n informele geleentheid ‘n glasie geklink “op ‘n groot man”, prof. Hennie Bingle, ‘n vorige rektor van die PU vir CHO.   Lees meer

Personeel gedenk Hennie Bingle se 100ste verjaardag

Fablab nou nog meer fabulous
Met die splinternuwe Trotec Speedy 300-lasermasjien by die Fablab op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit kan mense hul verbeelding vrye teuels gee en hul kreatiwiteit laat weghardloop.
Lees meer

Fablab nou nog meer fabulous

Farmakologie trap diep spore in wêreld-arena
Drie personeellede van farmakologie in die Skool vir Farmasie het onlangs geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer tot die bestuur van die Internasionale Unie vir Basiese en Kliniese Farmakologie (International Union for Basic and Clinical Pharmacology - IUPHAR) verkies te word.   Lees meer

Farmakologie trap diep spore in wêreld-arena

Navorsing oor biobrandstof word internasionaal erken
‘n Dosent van die Skool vir chemiese en mineraalingenieurswese op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit was die enigste Suid-Afrikaner en ook in Afrika wat genooi is om as konsultant by die Voedsel en Landbou-organisasie (Food and Agriculture Organisation – FAO) in Rome op te tree.  Lees meer

Prof Sanette Marx in Parys

Ingenieursfakulteit help wetenskap bevorder
Die Fakulteit Ingenieurswese op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit was vanjaar vir die vyftiende jaar  'n provinsiale sentrum vir die gewilde Minquiz™ Wetenskapkompetisie.  Lees meer

Minquiz 2010

Potgieter lid van LitNet Akademies se adviesraad
“Vir die eerste keer in jare gaan ek weer fisika in Afrikaans skryf en lees.”  So sê prof. Marius Potgieter van die Sentrum vir ruimtefisika op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, oor sy aanstelling as lid van LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) se adviesraad.
Lees meer

Potgieter dien op ISWI loodskomitee

Kerkorrel meer as ‘n legende
Die musiek van die Afrikaanse musieklegende, Johannes Kerkorrel (Ralph Rabie), word in die opwindende produksie “Persreën” van 18 tot 21 Augustus in die Sanlam-ouditorium op die NWU-Pukkampus aangebied.  Lees meer

 Dit reën pers in Potch

Potgieter dien op ISWI loodskomitee
Die Noordwes-Universiteit se hoogste gegradeerde navorser in die Sentrum vir ruimtefisika aan die Potchefstroomkampus, prof. Marius Potgieter, is genooi om op die loodskomitee van die Internasionale Ruimteweer Inisiatief (International Space Weather Initiative - ISWI) te dien.   Lees meer

Potgieter dien op ISWI loodskomitee

Pure Puk-rugbyplesier
Meer ondersteuners op Shimlapark, meer punte op die telbord en nóg ’n intervarsity-wen vir die NWU-Pukke.  Rudy Joubert se troepe het Saterdagmiddag vir die sesde agtereenvolgende keer die Universiteit van die Vrystaat laas bloos deur Shimlas 21-18 in ’n riller van ’n wedstryd in Bloemfontein te klop.   Lees meer

 Interver 2010_90

Beurse aan studente
Die HEXAGON TRUST, waarvan Prof Jan Smit 'n trustee is, het vanjaar meer as R1.3 miljoen se beurse aan 31 NWU studente op die drie kampusse in die Natuurwetenskappe, Ingenieurswese en  Geoktrooieerde rekenmeestersopleiding toegeken.  Lees meer

Prof Jan Smit

Ry Veilig-projek reuse sukses
Die Ry-Veilig-projek naby Wesselsbron van die NWU-Puk se Gesondheidsorgsentrum was vanjaar nóg ‘n groter sukses as die vorige jaar. Die projek is van stapel gestuur om studente wat vanjaar van Potchefstroom na Bloemfontein vir die Intervarsity gereis het, te help om veilig by hulle bestemming uit te kom.  Lees meer

Interver_90

SJGD skenk ruim aan gemeenskap
Honderde mense in die Noordwes-provinsie het vanjaar gebaat by die geld wat die Studente Jool-gemeenskapsdiens (SJGD) uitbetaal het.  Dié studente-liefdadigheidsorganisasie van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het R650 000 aan organisasies, projekte en individue in nood uitbetaal.  Lees meer

SJGD uitbetaling 2010

NWU-studente doen goeie werk tydens FIFA-wêreldbeker
Positiewe terugvoer is ontvang oor die 23 NWU-studente wat hul internskappe tydens die Wêreldbeker by Host Broadcasting Services by die Royal Bafokeng-stadion in Rustenburg voltooi het.  Lees meer

NWU-studente doen goeie werk tydens FIFA-wêreldbeker

Geskiedeniskonferensie was ’n mylpaal
“Hierdie konferensie was een van die hoogtepunte van my 25 jaar as voorsitter.”  Dit was die afsluitingswoorde van prof. Johan Bergh van die Universiteit van Pretoria en voorsitter van die Historiese Genootskap van Suid-Afrika, ná die afgelope tweejaarlikse konferensie van die genootskap op die Potchefstroomkampus van die NWU.  Lees meer

Geskiedeniskonferensie was ’n mylpaal

Instituut bied openbare lesing oor nihilisme
Die Instituut vir Grondslae-Ondersoek (voorheen die Sentrum vir Geloof en Wetenskap) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs ‘n openbare lesing aangebied met die tema, nihilisme en die gemeenskap.  Lees meer

Instituut bied openbare lesing oor nihilisme

Bywoning van feeste in Suid-Afrika toon ‘n daling
Navorsing wat deur die Instituut vir Toerisme en Vryetydstudies van die Noordwes-Universiteit  se Potchefstroomkampus gedoen word, toon dat daar ‘n algemene daling is van mense wat feeste en kunstefeeste in Suid-Afrika bywoon.  Lees meer

Bywoning van feeste in Suid-Afrika toon ‘n daling

Nuwe lewe vir Afrikaanse taalkunde met digitale bibliografie
Ná jare se beplanning en selfs mislukte pogings is ‘n digitale bibliografie van die Afrikaanse taalkunde (DBAT) onlangs op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit bekendgestel.
Lees meer

 Nuwe lewe vir Afrikaanse taalkunde met digitale bibliografie

Jong wetenskaplike ontvang internasionale toekenning
‘n Doktorsgraadstudent van die Eenheid vir Ruimtefisika op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs ‘n toekenning as jong wetenskaplike ontvang vir ‘n uitsonderlike artikel wat hy geskryf het.  Lees meer

Jong wetenskaplike ontvang internasionale toekenning

Al die gunstelinge in Persreën
Ralph Rabie se grootste treffers soos Hillbrow , Halala Afrika, Ossewa en Hoe ek voel  is maar net ‘n paar van die gunstelinge wat vanaf 18 tot 21 Augustus in die produksie “Persreën” gehoor en beleef kan word.  
Lees meer

Dit reën pers in Potch

Goue, silwer en twee brons vir NWU-Puk-atlete
Die atlete van die NWU-Puk-atletiekklub het uitstekende vertonings gelewer by die onlangse Afrika-Spele in Nairobi en vier van die sewe het met vyf medaljes teruggekeer.  Lees meer

Goue, silwer en twee brons vir NWU-Puk-atlete

Dwelmbewusmaking ‘n sukses op kampus
Die Gesondheidsorgsentrum het vandeesweek ‘n suksesvolle veldtog van stapel gestuur om studente op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit meer bewus te maak van die gevolge van dwelm- en drankmisbruik.  Lees meer

Dwelmbewusmaking

 De Ridder praat saam met wêreldleiers oor kinderobesiteit
‘n Geprojekteerde 155 miljoen skoolgaande kinders en adolessente in die wêreld toon simptome van obesiteit en kinderobesiteit is besig om ‘n ernstige gesondheidsepidemie te word.  Lees meer

Hans de Ridder in VSA

Wetenskapweek op die NWU-Pukkampus gevier
Talle skole in Noordwes sal die Potchefstroomkampus aanstaande week besoek as deel van Nasionale Wetenskapweek wat gevier word.
Lees meer

Wetenskapweek

Soeklig op veiligheid met Intervarsity
Die soeklig val vanjaar op studente se veiligheid wanneer hulle op Vrydag, 6 Augustus met Intervarsity na Bloemfontein gaan ry.
Lees meer

Arrive Alive

Sewe Puk-atlete na Afrika Kampioenskap
Sewe atlete van die Dreamveldt NWU-Puk atletiekklub gaan aanstaande week aan die Afrika Kampioenskap in Nairobi, Kenia deelneem.
Lees meer

Afrika Kampioenskap

NWU-studente ontvang R1.2 miljoen se beursgeld van Rio Casino
Meer as vyftig studente van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus gaan baat by die skenking van R1.2 miljoen van die Rio Hotel Casino Convention Resort  in Klerksdorp.  Lees meer

Beursgeld van Rio Casino

Ingenieursdosent maak landwyd opslae
‘n Seniorlektor van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus is besig om landwyd opslae te maak ná hy op Carte Blanche sy navorsing en kennis van energiebesparende hittepompe gedeel het.
Lees meer

Ingenieursdosent maak landwyd opslae

Amanda betower in persreën
Amanda Strydom is een van die gaskunstenaars wat gehore gaan betower in die produksie Persreën wat vanaf 18 tot 21 Augustus in die Sanlam-ouditorium op die NWU-Pukkampus aangebied word. 
Lees meer

Amanda betower in persreën

Ingenieursstudent spog met wenprys
‘n Kerningenieurswese student van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het onlangs met die eerste plek weggestap by in internasionale kongres in Kaapstad.  Lees meer

Ingenieursstudent spog met wenprys

Top SA-skeidsregters by NWU opgelei
Vyftig van Suid-Afrika se top sokkerskeidsregters het die afgelope week die Suid-Afrikaanse Voetbalvereniging (SAFA) se jaarlikse skeidsregters-seminaar by die sportfasiliteite van die Noordwes-Universiteit bygewoon.  Dit is die vierde keer wat SAFA (South African Football Association) van die universiteit se fasiliteite gebruik.  Lees meer

Top SA-skeidsregters by NWU opgelei

Mylpale in die geskiedenis: Uniewording, Winde van verandering en die Rubicontoespraak herdenk
Die jaar 2010 is nie net die jaar van die FIFA-wêreldbekertoernooi nie.  Dit is ook die herdenking van beslissende gebeure in die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat 100, 50 en 25 jaar gelede gebeur het. 
Lees meer

HGSA Kongres

Persreën vir Kerkorrel
Die verwerkingsproses van die musiek en sang vir die opwindende produksie, Persreën, wat eersdaags in Potchefstroom op die planke gebring word, het reeds 'n magdom papierwerk opgelewer.
Lees meer

Persreën vir Kerkorrel

Omvattende metinge van lugbesoedeling nou naby Potchefstroom gedoen
'n Samewerkingsooreenkoms tussen die Noordwes-Universiteit (NWU) en die Universiteit van Helsinki (UH) in Finland het gelei tot die vestiging van 'n uniek toegeruste moniteringstasie naby Potchefstroom wat lugbesoedeling- en klimaatsverandering meet.  Lees meer

natural_science_90

NWU-Loopbaansentrum se dienste is van die beste in die land
Die Noordwes-Universiteit se loopbaansentrum het onlangs ‘n tweede plek behaal vir die beste loopbaandienste onder al die universiteite en tersiêre instellings in die land.  Lees meer

NWU-Loopbaansentrum se dienste is van die beste in die land

Waanders kry erkenning in ingenieurswêreld
Prof. Frans Waanders van die Skool vir chemiese en mineraal ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit is onlangs gekies om op ‘n paneel van kundiges te dien wat moet toesien dat die akkreditasie van ingenieursfakulteite in die land aan internasionale standaarde voldoen.
Lees meer

Waanders kry erkenning in ingenieurswêreld

Sunette lewer beste vertoning van haar loopbaan
Sunette Viljoen, skitter-atleet van die NWU-Puk atletiekklub, het vandeesweek haar beste vertoning van haar loopbaan gelewer toe sy ‘n nuwe Suid-Afrikaanse en Afrika-rekord in spiesgooi opgestel het.
Lees meer

Sunette lewer beste vertoning van haar loopbaan

Rektor oorhandig rekenaars aan sokker in Noordwes
Die rektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het ses rekenaars aan die Suid-Afrikaanse Voetbalunie (SAFA) se Noordwes-streek oorhandig.  Lees meer

Rektor skenk rekenaars

Spaanse sokkerspan arriveer in Potchefstroom
Ná maande se beplanning en vere regskud, het die Spaanse nasionale sokkerspan Vrydag (11 Junie) in Potchefstroom gearriveer.  Lees meer

Spanish flag

Dit reën pers in Potchefstroom
Vanaf 18 tot 21 Augustus vanjaar reën dit pers in Potchefstroom.  PUK Kunste, Artéma en Alabama-produksies gooi hulle kragte saam om ’n opwindende unieke produksie, “Persreën”, professioneel in die Sanlam-Ouditorium op die planke te bring.   Lees meer

Dit reën pers in Potch
 

Viva España!
Sokkerkoors skop in Potchefstroom af met ’n groep professionele Flamenco-dansers wat in die Drakenstein-restaurant op die Pukkampus sal optree.  Lees meer

Viva España!

NWU-PUK-Kanselierstrustprys vir Afrikaanse Komposisie 2010
Die Inligting Sentrum vir Suider-Afrikaanse Musiek (ISAM) kondig die NWU-PUK-Kanselierstrustprys vir Afrikaanse Komposisie vir 2010 aan. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Donderdag, 30 September 2010.
Lees meer

NWU-PUK-Kanselierstrustprys vir Afrikaanse Komposisie 2010

Pukke enigste SA-span na internasionale kompetisie
Vier studente van die skool vir rekeningkundige wetenskappe en hulle mentor sal Suid-Afrika eersdaags in die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA) Global Challenge in Maleisië verteenwoordig.  Lees meer

Pukke enigste SA-span na internasionale kompetisie

Rektor onthaal NWU-Puk-atlete
Die rektor van die Pukkampus het atlete van die NWU-Puk onthaal ná hulle welslae in die afgelope USSA (Universiteitsport Suid-Afrika) toernooi en die insluiting van verskeie atlete in SA-spanne.  Lees meer

Rektor onthaal NWU-Puk-atlete

Roux voltooi sirkel ná dekades
Tydens ’n prestigelesing, vroeër vanjaar, is prof. Cornelia Roux aan die akademiese gemeenskap van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus bekendgestel.  Prof. Roux is onlangs as navorsingsdirekteur van die Navorsingsfokusarea Onderrigleer-organisasies in die Fakulteit Opvoedingswetenskappe aangestel.  Lees meer

Roux voltooi sirkel ná dekades

Schutte se intreerede spreek hoë bloeddruk aan
Prof. Alta Schutte, leier van die nisarea van hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART) het onlangs haar intreerede op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit gelewer. 
Lees meer

Schutte se intreerede spreek hoë bloeddruk aan

Skoenlapperspesie kry NWU-lektor se naam
Hy is beter bekend vir die aanvoorwerk wat gedoen is om die wêreldbekende Brenton Blue-skoenlapper van uitwissing te red, maar nou is ’n ander skoenlapperspesie na dr. David Edge en sy vrou vernoem. Volgens prof. Henk Bouwman van dierkunde is die eerste eksemplaar van die skoenlapper eintlik deur Edge se vrou, Esmé, gevang toe hulle in Desember 1981 skoenlappers in die Waterberg versamel het. Dit was naby Perdekop ongeveer 33 km wes van Vaalwater in die Limpopo-provinsie. Lees meer

Skoenlapperspesie kry NWU-lektor se naam

Naam verewig met kristalwier
Om name aan babas te gee kan ’n opwindende en veeleisende tydverdryf vir voornemende ouers wees. In vroeëre tye was grootouers oorstelp van vreugde en trots daarop as ’n kleinkind na hulle vernoem is. Dr. Jonathan Taylor, kurator van die Suid-Afrikaanse Nasionale Kristalwier-versameling wat deur die Skool vir Omgewingswetenskappe van die Noordwes-Universiteit gehuisves word, het ’n spesie kristalwiere wat na hom vernoem is. Lees meer

Naam verewig met kristalwier

NWU-Puk bied opleiding vir WGO en medisynebeheerraad
Die Wêreldgesondheidsorganisasie WGO se Samewerkingsentrum vir die kwaliteitsversekering van medisyne (WGO-SS) op die NWU-Puk- kampus het onlangs ’n opleidingsessie vir ’n uitsoekgroep nasionale en internasionale inspekteurs van die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Suid-Afrikaanse Medisynebeheerraad (MBR) op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit aangebied.
Lees meer

NWU-Puk bied opleiding vir WGO en medisynebeheerraad

NWU-Puk-student gekies vir Wêreldjeugkoor
’n Kranige kunstenaar en musiekstudent van die NWU-Puk is onlangs vir die Wêreldjeugkoor gekies. Marshell Lombard is ’n derdejaar sang-student van prof. Werner Nel by die skool vir musiek.  Lees meer

NWU-Puk-student gekies vir Wêreldjeugkoor

Nagraadse student ontvang prestasietoekenning
’n Nagraadse student op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit  het ’n prestasietoekenning van die Nasionale Proteïen navorsingstigting vir haar nagraadse studie ontvang. Lees meer

PNS-prys vir Elmien Heyneke

Werkswinkel gee hupstoot aan internasionale samewerking onder ruimtefisici
Om in die hemelruim in te tuur het vir wetenskaplikes 'n heel ander betekenis as vir ’n student wat dit as verskoning voorhou vir tyd saam met 'n geliefde deurgebring. Lees meer

Ruimtefisici Werkswinkel

Duisende besoek loopbaanuitstalling op NWU-Pukkampus
Die Loopbaansentrum van die Noordwes-Universiteit het ’n baie suksesvolle loopbaanuitstalling op die Potchefstroomkampus van die NWU aangebied.  Lees meer

 Loopbaansentrum se loopbaanuitstalling

Colloquium van regsfakulteit fokus op grondbesit
’n Internasionale colloquium oor die goeie bestuur van grondbesit is onlangs deur die fakulteit regte op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit gereël.  Lees meer

 Colloquium van regsfakulteit

Elektroniese Dienste betrek nuwe kantore
Elektroniese Dienste (ELD) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs nuwe geboue op die kampus betrek. Dié departement was voorheen gehuisves in die Fisika-gebou.  Lees meer

 ELD nuwe kantore opening

40 kunstenaars deel van unieke uitstalling
Veertig kunstenaars uit verskillende vakgebiede het deelgeneem aan 'n unieke uitstalling in die galery op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit.  Lees meer

Oor die einders van die bladsy

Onderwysers woon werkswinkel by
Die skool vir kurrikulum gebaseerde studies van die fakulteit opvoedingswetenskappe op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs ’n werkswinkel vir onderwysers aangebied. Lees meer

Onderwysers woon werkswinkel by

Opedag lok rekordgetal
Die Opedag van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is vanjaar deur ’n rekordgetal mense bygewoon. Die baie mense het die universiteit genoodsaak om drie sessies aan te bied waartydens die rektor gaste toegespreek word. Lees meer

Opedag lok rekordgetal

Oudstudente van BCom Rek en BWI kuier saam
Sowat negentig oud-Pukke in BCom rekeningkunde en bedryfswiskunde en informatika het onlangs in Johannesburg saam gekuier. Die saamtrek is deur die NWU-Puk se alumnikantoor gereël. Lees meer

 Oudstudente van BCom Rek en BWI kuier saam

Hulle sweef op die wieke van 'n droom
Dit was 'n droom wat vir twee Potchefstroomse broers bewaarheid is toe hul wêreldklas sweeftuig onlangs die eerste Suid-Afrikaanse sweeftuig geword het om daarin te slaag om aan Europese lugvaarstandaarde te voldoen. Lees meer

Hulle sweef op die wieke van 'n droom

Afgetrede oud-Puk-personeel onthaal
Die NWU-Puk-Alumnikantoor het oud-Puk personeellede onlangs met ’n ontbyt by die visekanselierswoning trakteer. Die geleentheid is gereël om dank en erkenning aan hulle te gee vir hul jarelange en toegewyse diens aan die universiteit. Prof. TT Cloete het die gasheer namens die gaste bedank. Lees meer

Afgetrede oud-Puk-personeel onthaal

Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer drie akademici en skrywer
Drie akademici van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is onlangs deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns vir hul navorsing vereer.  Proff. Bennie van der Walt (Skool vir Filosofie), Paul Styger (Skool vir Ekonomie) en Jaap Helberg (Fakulteit Teologie) het elk ’n prys van die Akademie ontvang.  Lees meer

 Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer drie akademici en skrywer

NWU-Puk Sports Village amptelik geopen
Die nuwe NWU-Puk Sports Village, wat die Spaanse sokkerspan tydens die komende Sokker Wêreldbeker sal huisves, is pas amptelik in gebruik geneem. Die rektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, prof. Herman van Schalkwyk, het die gedenkplaat onthul en gesê die kompleks simboliseer die universiteit se verbintenis tot sport. Lees meer

 NWU-Puk Sports Village amptelik geopen

Carstens nou lid van US-Raad
’n Taalkenner van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit is pas tot raadslid van die Universiteit van Stellenbosch verkies. Prof. Wannie Carstens, direkteur van die Skool vir Tale, is deur die Konvokasie van die US tot die amp verkies. Lees meer

Carstens nou lid van US-Raad

NWU-Pukke wys beste krieketspelers aan
Die NWU-Puk se krieketklub het sy beste spelers van die afgelope seisoen aangewys. Nicky van den Bergh van Puk I is die speler van die jaar, asook die beste kolwer in die span. Sy spanmaats, Stefan Gericke is die beste bouler van die jaar en Nico Raubenheimer is die beste veldwerker van die jaar. Van die Ibbies-span is Dawie Steyn die speler van die jaar, asook die beste kolwer in die span. Lees meer
 

Cricket

Kenner praat oor nuwe rekenaartegnologie
’n Kenner oor rekenaarwetenskappe het onlangs ’n groep belang-hebbendes oor die jongste ontwikkelings in Amerika op dié vakgebied ingelig. Lees meer
 

Kenner praat oor nuwe rekenaartegnologie

Nuwe gebou vir fakulteit teologie in gebruik geneem
’n Nuwe gebou vir die fakulteit teologie van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit  is onlangs in gebruik geneem. Dié gebou is teen sowat R10 miljoen langs die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika se Teologiese Skool in Molenstraat opgerig. Lees meer
 

 Nuwe gebou vir fakulteit teologie in gebruik geneem

Internasionale kenners besoek Instituut vir Sportwetenskap
Verskeie raadslede van die Internasionale Vereniging vir Hoëprestasie Sport-opleidingsentrums (IVHSO) het die NWU-Puk onlangs besoek. Die Pukkampus se Instituut vir Sportwetenskap en –ontwikkeling (ISO) is die afgelope tien jaar reeds lid van dié vereniging. Lees meer

 Internasionale kenners besoek Instituut vir Sportwetenskap

Kwaliteit moet botoon voer - nuwe rektor
Prof. Herman van Schalkwyk is vandeesweek as die tweede rektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit ingehuldig.  Van Schalkwyk het in sy inhuldigingsrede gesê kwaliteit behoort die botoon te voer in die visie van die universiteit.  Lees meer

 Kwaliteit moet botoon voer - nuwe rektor

Blikkieskosdag ’n rekord-wenner
Studente van die Pukkampus het vanjaar ’n rekordgetal blikkies ingesamel tydens die jaarlikse SJGD Blikkieskosdag.  Altesame 13 882 blikkies en pakkies pasta en sop van sowat R70 000 is dié dag ingesamel.   Lees meer

 Blikkieskosdag ’n rekord-wenner

Puk en Riaan Venter lewer tennis-fees
Potchefstroom het van 6 tot 12 Maart Suid-Afrika se tennishoofstad geheet toe 128 raketswaaiers van regoor die wêreld aan die NWU-Puk en Riaan Venter se Junior Internasionale Tennis Federasie-toernooi deelgeneem het.    Lees meer

 Puk en Riaan Venter lewer tennis-fees

Internasionale kenners gee groener as groen lig vir SVO programme
Die Skool vir voortgesette onderwysers opleiding (SVO) van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het pas ’n uitstekende verslag ontvang ná vier internasionale kenners van afstandsonderrig die program en bedryf evalueer het.  Lees meer

 Internasionale kenners gee groener as groen lig vir SVO programme

NWU open laboratorium vir produkontwikkeling- en vervaardiging
’n Laboratorium wat vervaardigers kan ondersteun om hulle mededingendheid plaaslike en internasionaal te verbeter is onlangs op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit geopen.    Lees meer

 NWU open laboratorium vir produkontwikkeling- en vervaardiging

Borgskap verskaf ‘positiewe vibrasies’
Die Skool vir meganiese ingenieurswese van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het twee nuwe instrumente en sagtewareprogramme, asook ’n ondersteuningsplan van ’n borg ontvang om studente met hul navorsing te help.  Lees meer

 Borgskap verskaf ‘positiewe vibrasies’

 Schutte lewer eersdaags intreerede
’n Trapsuutjies-benadering tot hipertensie is die titel van die intreerede van prof. Alta Schutte van die fakulteit gesondheidswetenskappe wat eersdaags gehou word.  Schutte is ’n professor van fisiologie en nisarea-leier van die Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART). 
Lees meer

 Schutte lewer eersdaags intreerede

Universiteite span saam om geletterdheidstoetse te ontwikkel
Die Noordwes-Universiteit was onlangs deel van ’n span navorsers van vier universiteite in die land om ’n Inter-inrigtingsentrum vir taalontwikkeling en assessering (Inter-institutional Centre for Language Development and Assessment – ICELDA) te vestig.    Lees meer

 Universiteite span saam om geletterdheidstoetse te ontwikkel

NWU-Pukke weer teen Maties in halfeindstryd van Varsitybeker
Die NWU-Pukke speel aanstaande week weer teen die Maties in die halfeindronde van die Varsitybekerrugbyreeks. Die ander halfeindstryd is tussen die Ikeys en Shimlas. Albei Kaapse universiteite sal tuisveldvoordeel in die laaste ronde hê.  Lees meer

 Varsity Cup

Vierde generasie in oupagrootjie se toga
’n Toga wat al vir 62 jaar deur die kinders, kleinkinders en skoonkinders gedra is, is vanjaar deur die eerste agterkleinkind tydens sy gradeplegtigheidsgeleentheid op die NWU-Puk gedra. Dr. EA Venter was vir altesame 45 jaar verbonde aan die onderwys, waarvan sestien jaar by die destydse onderwyskollege was en hy ook ’n tydelike personeellid by die destydse PU vir CHO was. Hy het dié toga vir die eerste keer in 1948 gedra toe hy sy doktorsgraad verwerf het.  Lees meer

 Vierde generasie in oupagrootjie se toga

Fakulteit op skildery uitgebeeld
Die fakulteit gesondheidswetenskappe het pas ’n baie spesiale skildery aan die fakulteit se dagbestuur en die viserektor: onderrig-leer, prof. Mariëtte Lowes, bekendgestel. Prof. Marlene Viljoen sê die skildery is ’n uitbeelding van die fakulteit met sy diversiteit en aktiwiteite. Dit is die eerste keer dat die fakulteit in sy tien jaar se bestaan as geheel uitgebeeld word. Lees meer

 Fakulteit op skildery uitgebeeld

Oud-Matie nou buitengewone professor by teologie
’n Afgetrede dosent aan die fakulteit teologie aan die Universiteit van Stellenbosch is pas aangestel as buitengewone professor in praktiese teologie op die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit. Prof. Rian Prins (72) is vanaf 1 Maart aangestel. Hy word beskou as dié kenner van jeugpastoraat en die pastorale bediening van adolessente in Suid-Afrika. Lees meer

 Oud-Matie nou buitengewone professor by teologie

NWU-Puk is Golden Key se studenteleier van die jaar
’n Student van die NWU-Puk is pas deur Golden Key Suid-Afrika aangewys as die studenteleier van die Jaar 2009. Ryan Meintjes is vanjaar besig met sy BCom-honneursgraad in ekonomie en voltooi ook sy vierdejaar LLB. Ryan was die vorige jaar (2008) die pryswenner in die regsstudie-kategorie van die Sasol Golden Key-toekennings. 
Lees meer

 NWU-Puk is Golden Key se studenteleier van die jaar

Nasionale vierkuns vir NWU-Puk
Die NWU-Pukke het vanjaar vir die vierde agtereenvolgende jaar die ATKV Nasionale Debatkompetisie vir universiteite in Stellenbosch gewen. Die vyf universiteite wat deelgeneem het, is Kovsies, Maties, NWU-Puk, Tukkies en UJ. Die uitdunrondtes het op 5 Maart in die Neelsie op die Stellenbosch-kampus plaasgevind.  Lees meer

 Nasionale vierkuns vir NWU-Puk

NWU-Pukke ransel TUT af
Die NWU-Pukke het ’n punt gehad om te bewys met hulle oortuigende wen van 49-17 teen die besoekers van Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) in Maandagaand (8 Maart) se tuiswedstryd. 
Lees meer

NWU-Pukke ransel TUT af

Stilfonteiners kuier saam
Vyf personeellede van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit, wat op Stilfontein groot geword het, het onlangs hulle eie reünie in die kleine gehou. Dié vyfman(en vrou)skap was almal in matriek op Stilfontein.  Lees meer

Stilfonteiners kuier saam

Meyer help rekreasie in SA lei
’n Bekende in rekreasiekunde en dosent by die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit is pas tot adjunkvoorsitter van ’n nuwe vereniging oor ontspanning en rekreasie verkies.   Lees meer

Meyer help rekreasie in SA lei

NWU-Puk en Universiteit van Gent teken ooreenkoms
’n Ooreenkoms van etlike miljoene rand is met die Universiteit van Gent in België aangegaan om swart akademici in die veld van bedryf- en kliniese sielkunde op te lei.   Lees meer

NWU-Puk en Universiteit van Gent teken ooreenkoms

Studente kry toegang tot praktykgerigte bestuursopleiding
Die nuwe voltydse nagraadse diploma in Bestuurswese wat vanaf vanjaar op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit aangebied word, geniet groot aanhang as alternatief vir 'n honneursgraad.  Lees meer

Studente kry toegang tot praktykgerigte bestuursopleiding

Meer as 4 100 grade in Maart toegeken
Meer as 4 100 grade word vanjaar tydens die Maart-gradeplegtigheidsgeleentheid op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit toegeken.  Die meeste grade word in die fakulteit gesondheidswetenskappe toegeken waar 1 110 studente hulle kursus suksesvol voltooi het.  Lees meer

Meer as 4 100 grade in Maart toegeken

Sediba ontvang R1.3 miljoen van Vodacom Stigting
Die Sediba-program op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het pas ’n reuse inspuiting van bykans R1.3 miljoen van die Vodacom Stigting ontvang.   Lees meer

Sediba ontvang R1.3 miljoen van Vodacom Stigting

CTexT™  kry kontrak van R5 miljoen
Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT™) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het stof in oorsese kenners se oë geskop met ’n kontrak van R5 miljoen wat die departement vir kuns en kultuur aan dié sentrum vir tekstegnologie toegeken het.  Lees meer

CTexT™  kry kontrak van R5 miljoen

NWU-Pukke weer derde op punteleer
Die mistroostige vertoning van die rugbyspan van die NWU-Pukke het Maandagaand (1 Maart) voortgeduur in hul Varsitybekerwedstryd teen 'n ewe lustelose Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU).   Lees meer

NWU-Pukke weer derde op punteleer

Biosafety SA maak tweede toekenning aan NWU-Puk
Die skool vir omgewingswetenskappe en -ontwikkeling op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het nog ʼn toekenning vir navorsing oor geneties gewysigde (GM)-verwante bioveiligheid ontvang.  Lees meer

 Biosafety SA maak tweede toekenning aan NWU-Puk

Sowat 700 leerders besoek kampus
Bykans 700 leerders van skole in en om Potchefstroom het die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit Woensdag (17 Februarie) besoek. Leerders het die onderskeie fakulteite op die kampus besoek en ook kennis gemaak met die studentelewe op die kampus. Onderwysers en hoofde wat die leerders vergesel het, het ook kennis gemaak met die NWU se loopbaansentrum. Lees meer

Sowat 700 leerders besoek kampus

SJGD-bustoere 2010 ’n sukses
Ten spyte van regte eendeweer het vanjaar se SJGD (Studente Joolgemeenskapsdiens) bustoere uitstekende verloop.  Vyftien busse het die eerstejaarstudente van die NWU-Puk opgelaai om in elke windrigting rondom Potchefstroom te neem. Die studente het die gemeenskapsprojekte van SJGD besoek om hulle bloot te stel aan die werk wat daar in die gemeenskap gedoen word.  Lees meer

SJGD-bustoere 2010 ’n sukses

Personeel, studente blink by SAGP-kongres
Personeel en studente van die skool vir omgewingswetenskappe en -ontwikkeling op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het bykans skoonskip gemaak tydens die onlangse kongres van die Suid-Afrikaanse Genootskap van Plantkundiges (SAGP). Die NWU het twee van die vier afdelings vir plakkaatpryse gewen.
Lees meer

Personeel, studente blink by SAGP-kongres

Eerste Aktuarisse by NWU-Puk aangestel
Die Potchefstroomkampus van die NWU het onlangs twee aktuarisse in die akademiese personeel van die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika (BWI) aangestel. Mnr. Robert Maxwell en me. Janette Larney, is die eerste aktuarisse wat in die bestaan van die universiteit as akademiese personeel aangestel is. 
Lees meer

Eerste Aktuarisse by NWU-Puk aangestel

NWU-Puk alumni proe wyne
Die wyngilde van die NWU-Puk Alumni op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het hul eerste proe-geleentheid van die jaar aangebied. Me. Junel Vermeulen van De Waal Kelders het die proe by Christa Galli aangebied en ‘n verskeidenheid wyne is geproe. Die volgende proe is op 10 Maart by Christa Galli waar wyne van Meerkat geproe sal word. Lees meer

NWU-Puk alumni proe wyne

NWU-Pukke kies gedugte senterpaar, slaggereed vir NMMU
Die NWU-Pukke se skoknederlaag teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) in die Varsitybeker het sy tol geëis, met niks minder nie as sewe veranderinge aan die beginspan wat die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) Maandag (1 Maart) pak. 
Lees meer

NWU-Pukke kies gedugte senterpaar, slaggereed vir NMMU

De Ridder tel onder veertien bestes in wêreld
Die direkteur van die skool vir biokinetika, rekreasie en sportwetenskap op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is tans een van slegs veertien antropometriste met ’n vlak 4-kwalifikasie in die wêreld. Hy is ook die enigste in Afrika.  Prof. Hans de Ridder sê ’n internasionale paneel het dié besluit geneem gegrond op die feit dat hy homself eers as internasionale instrukteur (of ’n vlak 3) moes kwalifiseer. Lees meer

De Ridder tel onder veertien bestes in wêreld

UJ knou NWU-Pukke se aanspraak
Die NWU-Pukke se hoop op ’n tuishalfeindstryd in vanjaar se Varsitybeker-reeks is Maandagaand in Potchefstroom aan flarde geruk, toe hulle met 23-22 deur die Universiteit van Johannesburg (UJ) verras is. Lees meer

UJ knou NWU-Pukke se aanspraak

Personeel vir bykans 3 000 jare se diens vereer
Altesame 185 personeellede met ’n totaal van bykans 3 000 jare diens, het vanjaar toekennings van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit ontvang.  Me. Sandra Rossouw was die enigste kandidaat wat vereer is vir veertig jare diens by die universiteit.  Lees meer

Personeel vir bykans 3 000 jare se diens vereer

Vorster deel kundigheid met wêreldgesondheidsorganisasie
Een van die land se voorste navorsers op voedingsgebied is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gevra om haar kundigheid met hulle te deel. Prof. Esté Vorster, direkteur van die Sentrum van uitnemendheid vir voeding op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is die enigste wetenskaplike van Afrika wat vir twee jaar op die Kundige adviesgroep vir voedingsvoorligting sal dien.
Lees meer

Vorster deel kundigheid met wêreldgesondheidsorganisasie

Potgieter gaan SA ruimtewetenskap-gemeenskap verteenwoordig
Prof. Marius Potgieter van die navorsingseenheid vir Ruimtefisika op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is deur die Nasionale Navorsingstigting aangewys om in Julie 2010 die Suid-Afrikaanse ruimtewetenskap-gemeenskap gedurende die algemene vergadering van COSPAR in Bremen, Duitsland, te verteenwoordig. 
Lees meer

Potgieter gaan SA ruimtewetenskap-gemeenskap verteenwoordig

CTexT weer aan die voorpunt
Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT™) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het weer eens sagteware ontwikkel wat Suid-Afrikaners in staat sal stel om tegnologie in die taal van hul keuse te laat werk. Lees meer

CTexT weer aan die voorpunt

Gemengde welslae vir NWU Puk-krieket
Die krieketspanne van die NWU-Puk het die naweek gemengde welslae behaal in Senwes se 65 boulbeurt-liga. NWU Puk 1 het Saterdag (13 Februarie) ’n onbesliste uitslag in hul wedstryd teen Potch Dorp bewerkstellig, maar Ibbies is met ’n beurt en 124 lopies deur Impala 2 geslag. Lees meer

NWU Puk-krieket

NWU ernstig oor bloeddrukkliniek
Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs ’n werkswinkel aangebied om beplanning rondom die vestiging van ’n bloeddrukopleidingskliniek op die kampus te doen.  Lees meer

NWU ernstig oor bloeddrukkliniek

Sukkelende NWU-Pukke bo in rillerstryd
Die NWU-Pukke het hul aanspraak op die Varsitybeker gisteraand met ’n riller sege oor die Shimlas lewend gehou, maar nie voordat die Potchefstromers meer as ’n halfuur van hul vrotste rugby vanjaar opgedis het nie.  Lees meer

Sukkelende NWU-Pukke bo in rillerstryd

Villagers, Bellatrix laat ander water trap
Villagers en Bellatrix se swemmers het die byeenkoms vir eerstejaars onlangs oorheers. Dié dorpskoshuise het verlede Woensdag in die POK-swembad geseëvier, ná hulle ook vroeër in die eerstejaarsatletiek koning gekraai het. Villagers het met hulle aartsvyande, Heimat (tweede) en Veritas (derde), afgereken, terwyl Bellatrix vir Oosterhof (tweede) en Dinki (derde) uitgestof het. Lees meer

Villagers, Bellatrix laat ander water trap

Boere-Fin steeds tuis in Potch
Sy Fins verbeter daagliks en hy sal moeilik afskeid neem van sy gunsteling forelhengelplek, maar Gerbrand Grobler verkies steeds die Afrikaans, son en biltong van Potchefstroom.  Lees meer

Boere-Fin steeds tuis in Potch

Puk Kunste vier dertig jaar
Puk Kunste bied later vanjaar vier uitsonderlike konserte aan om sy dertigste bestaansjaar te vier. Drie van die konserte word in April aangebied en die vierde projek in Augustus vanjaar.  Lees meer

Puk Kunste vier dertig jaar

Spiesgooiers maak geskiedenis
Twee NWU-Puk-spiesgooiers het Woensdag (10 Februarie) geskiedenis gemaak, deur die eerste Suid-Afrikaanse vroue te word om albei verder as 60 m te gooi op dieselfde byeenkoms. Lees meer

Spiesgooiers maak geskiedenis

Rudy trek Lions-yster nader
Die NWU-Pukke het vandeesweek ‘n noodsein aan die Leeus-losvoorspeler Thabo Mamojele gestuur, ná hul Varsitybeker-nederlaag Maandag (8 Februarie) teen die Universiteit van Kaapstad. Die 23-jarige Mamojele was die afgelope maand deel van die Leeus se voorbereiding, maar is nie ingesluit in Dick Muir groep vir die Super14-groep nie.  Lees meer

Rudy trek Lions-yster nader

Rektor se Puk en Pukkie skop elders nes
Oosterhof Dameskoshuis op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universieit se verwelkomingsgeskenk aan die nuwe rektor tydens die koshuise se rektorsgroet het nuwe skropplek by Strydomhuis op die kampus gekry. Lees meer

Rektor se Puk en Pukkie skop elders nes

Joubert hou snoeiskêr vir eers in laai
Daar is geen rede tot kommer in die NWU-Puk-kamp nie, ondanks dié span se vernederende nederlaag in sy Varsitybeker-wedstryd teen Ikeys Maandag (8 Februaie) in Kaapstad. NWU-Puk I het dié wedstryd met 18-11 verloor, en was ’n skadu van die span wat net ’n week vroeër op dramatiese wyse met Tukkies afgereken het.  Lees meer

Joubert hou snoeiskêr vir eers in laai

NWU-Puk Alumni klubkampioenskap
Die NWU-Puk Alumni-gholfklub het onlangs sy jaarlikse klubkampioenskap gespeel.Reën het die spel ontwrig, maar die spelers kon hulle spel klaarmaak. Die kampioenskap is in vier afdelings beslis, ’n vroue-afdeling en drie afdelings volgens spelers se voorgee. ’n Nuwe klubbestuur is tydens die jaarvergadering verkies. Leon Bevan is die nuwe voorsitter, Hennie Kruger die addisionele lid en Frik Prinsloo namens die NWU-Puk Alumni-kantoor. Lees meer

NWU-Puk Alumni klubkampioenskap

15 000 valkies is verstommende gesig
Dierkundestudente het vanjaar sowat 15 000 Oostelike Rooipootvalkies getel wat jaarliks na ’n boom in Ventersdorp migreer. Prof. Henk Bouwman van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit sê dié valkies is op 23 Januarie getel.  Lees meer

15 000 valkies is verstommende gesig

"Karakter" bou vanjaar wenvlot
Vanjaar se Jool-vlotte het weer eens die oog gevang met die kreatiewe skeppings van die tema, Ongekend. Die sleepkoshuis, "Karakter", van Kasteel en Ratau Leboné het met die louere weggestap en die wenvlot met die tema, "hemel-en-hel", gebou. Lees meer   Kyk nog Joolfoto's

"Karakter" bou vanjaar wenvlot

NWU-Pukke wil Ikey-angel trek
Die opdrag aan die NWU-Puk se Varsitybekerspan, op die vooraand van hul kragmeting met die Universiteit van Kaapstad, is eenvoudig: trek die Ikeys se angel agterlangs en têkkel vir ‘n vale. Lees meer

Varsity Cup

Ingenieurswese lewer internasionale prestasie
’n Nagraadse student van die fakulteit ingenieurswese op die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit se doktorale proefskrif is onlangs as een van die drie bestes in die wêreld aangewys.  Lees meer

Ingenieurswese lewer internasionale prestasie

Alt-Heid Ver-lief wen eerstejaarskonsert
Die eerstejaarskonsert het vanjaar weer eens vir groot opwinding gesorg onder koshuise en veral die eerstejaars. Dit is egter Veritas en Heide (Alt-Heid Ver-lief) wat as wenners uit die stryd getree het. Dit was geen verrassing nie aangesien hulle ook in die meerderheid van die ander kategorieë gewen het.  Lees meer

Alt-Heid Ver-lief wen eerstejaarskonsert

Velodrome en BMX-baan moontlik binnekort ’n werklikheid
’n Buitenshuise BMX Super Cross-fietsrybaan en Afrika se eerste binnenshuise hout-fietsrybaan of Velodrome, sal volgens plan moontlik voor die einde van die jaar op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit opgerig word. Lees meer

Velodrome en BMX-baan moontlik binnekort ’n werklikheid

Rugby-profiel: Andries Mahoney
Hy is alles behalwe ‘n oornagheld, sê Andries Mahoney, uithaler-skrumskakel van die NWU-Puk. Mahoney (25) het die NWU-Pukke Maandag, met ‘n driekuns van drieë, feitlik eiehandig na ‘n sege in hul eerste Varsitybeker-wedstryd teen Tuks gelei.  Lees meer
Klik hier vir die 2010 Varsitybeker-wedstrydbepalings

Rugby-profiel: Andries Mahoney

Mahoney-blitzkrieg sink Tukkies
Vind ‘n manier om die NWU-Puk-blitsbuks, Andries Mahoney, hok te slaan of skryf die Varsitybeker-titel op jou maag. Dít was Maandagaand die duidelike waarskuwing aan die res van vanjaar se aanspraakmakers in dié spogreeks, nadat ‘n Mahoney-blitzkrieg die hoogaangeskrewe span van Tuks feitlik eiehandig gekelder het - om aan die Potchefstromers hul eerste Varsitybeker-sege oor dié span in drie jaar te besorg.  Lees meer
Klik hier vir die 2010 Varsitybeker-wedstrydbepalings

Mahoney-blitzkrieg sink Tukkies

Eerstejaars blink op atletiekbaan
Villagers en Bellatrix het die dorpskoshuise se oorheersing op die atletiekbaan voortgesit, deur die eerstejaarsbyeenkoms verlede naweek oortuigend te wen. Villagers het ‘n allemintige 18 punte voor hul naaste teenstanders, Heimat, geeïndig; terwyl Bellatrix vir Dinki met 4 punte uitgestof het.  Lees meer

Eerstejaars blink op atletiekbaan

Nuwe rektor wil suksesse steeds verbeter
"’n Goeie universiteit word gekenmerk vir sy uitnemendheid wat hy met die kundigheid van sy personeel en studente lewer. Ons moet voortgaan om die kwaliteit en kwantiteit van ons uitsette te verbeter." 
Lees meer
Klik hier om die Rektor se volledige toespraak te lees

Nuwe rektor wil suksesse steeds verbeter

NWU en stadsraad besoek Spanje
Tydens die tweede helfte van Januarie 2010 het ’n afvaardiging van Potchefstroom die hoofstad van Spanje, Madrid, besoek om ’n paar sake af te handel nadat Spanje bevestig het dat hulle tydens die Wêreldbeker sokkertoernooi hulle tuisbasis in Potchefstroom gaan hê.  Die afvaardiging het bestaan uit vier lede van die stadsraad en twee van die Noordwes-Universiteit. Lees meer

NWU en stadsraad besoek Spanje

Krieketspan terug op koers
Die eerste krieketspan van die NWU-Puk het sy aanslag op n plek in vanjaar se klubkampioenskap-toernooi die naweek lewend gehou, deur Impala 2 met n beurt en 53 lopies op die NWU Absa-ovaal te klop. 
Lees meer

Krieketspan terug op koers

Twee van PUK Kunste vier dertig jaar saam
Twee gewilde personeellede vier op 1 Februarie hul dertig jaar “herdenking”. Horst Bütow en Christa Cloete het in 1980 saam die kultuurkantoor op die Pukkampus begin. Lees meer

Twee van PUK Kunste vier dertig jaar saam

NWU-Puk-teenstaanders gaan vanjaar dubbel sien
'n Mens sal vanjaar se Varsitybeker-aanspraakmakers verskoon as hulle dubbeld sien, wanneer hulle die volgende twee maande teen die span van die NWU-Puk te staan kom.  Lees meer

NWU-Puk-teenstaanders gaan vanjaar dubbel sien

Puk spel gevaar in studentereeks
Die NWU-Pukke se rugbyspan het Saterdag (23 Januarie) in die Noordwes-stadion in Welkom 'n duidelike waarskuwing aan die res van vanjaar se Varsitybeker-aanspraakmakers gestuur deur die Griffons met 40-36 te troef.  Lees meer

Puk spel gevaar in studentereeks

Gemeenskap groet oud-rektor van die NWU-Puk
Die Teologiese Skool en die Fakulteit Teologie op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het verlede week ’n groetgeleentheid vir een van die Puk se vorige rektore gereël. Prof. Tjaart van der Walt en sy vrou, Babie, vertrek vandeesweek (26 Januarie) na Australië om naby Perth by hul enigste dogter, Mariana Hoogenboezem en haar gesin, te gaan woon. Lees meer

Gemeenskap groet oud-rektor van die NWU-Puk

Nederlandse studente, dosente woon somerskool by
’n Groep van dertien nagraadse regstudente en –dosente van die Universiteit van Tilburg het vroeg vanjaar ’n somerskool by die NWU-Pukkampus bygewoon. Lees meer

Nederlandse studente, dosente woon somerskool by

Nuwe rektor verwelkom eerstejaars
"Die Puk is ’n baie goeie keuse want hier word werklik groot erns gemaak met die handhawing en uitbou van kwaliteit van onderrig.” Dit is die boodskap wat prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor van die NWU-Puk, aan sowat 4 300 eerstejaars gebring het met die amptelike ontvangs van eerstejaars vir 2010. Lees meer

Nuwe rektor verwelkom eerstejaars

Olimpiese kampioen slyp vir nog goues op NWU-Puk-velde
Die pad na ’n goue Olimpiese medalje loop deur Potchefstroom, glo Andreas Thorkildsen. En hy behoort te weet - dié Noorse spiesgooikampioen slyp al die afgelope sewe jaar langs die Mooirivier en het in dié tyd reeds die Europese, Wêreld- en Olimpiese kroon verower.  Lees meer

Olimpiese kampioen slyp vir nog goues op NWU-Puk-velde

NWU-Puk I maak gereed vir seisoen
'n Voller voorraadkas is waarmee die eerste rugbyspan van die NWU-Puk sy hartverskeurende nederlaag in die eindstryd van verlede jaar se FNB Varsity Cup gaan wreek.   Lees meer

NWU-Puk I maak gereed vir seisoen

 

 Opgedateer op 2 September 2010 deur Nikki Nel.