
Viljoen-hulpfonds
Op 10 Desember 2010 het die lewe ingrypend verander vir Dawie en Mariëtte Viljoen, kinders van die dekaan van gesondheidswetenskappe, prof. Marlene Viljoen.
|
|
|
Mariëtte en Dawie Viljoen op hulle troudag. |
ʼn Tragiese ongeluk het Mariëtte ʼn kwadrupleeg gelaat, en Dawie met ernstige frakture van die femur en sy heup gelaat. Mariëtte sou vanjaar ʼn finale jaar BCur-student by die Skool van verpleegkunde op die Pukkampus wees.
Sy is tans in die Muelmed spinale-eenheid in Pretoria vir intensiewe rehabilitasie-terapie. Dawie ontvang rehabilitasie in die Pasteur-hospitaal in Bloemfontein.
Die finansiële implikasies van die ongeluk het, soos al die ander aspekte van hulle lewe, ingrypende gevolge. Die koste het toegeneem tot in die miljoene en verder sal Mariëtte lewenslank die hulp van versorgers benodig.
ʼn Noodfonds is deur Gereformeerde kerk Potchefstroom-Noord tot stand gebring en die Skool van verpleegkunde is behulpsaam met die uitbou van die fonds.
Mense wat ʼn bydrae tot die fonds wil maak kan tjeks uitmaak aan, Viljoen-hulpfonds, of gepos word na Posbus 20039, Noordbrug, 2522. Inbetalings kan ook gedoen word in ʼn Absa spaarrekening, nommer 9256517890, Tomstraat-tak, met die kode 632005.
Navrae kan gerig word aan die direkteur van die Skool, prof. Hester Klopper of me. Mechelle Britz by 018 299 1717.
Gepubliseer deur Kiewiet Scheppel op 2 Februarie 2011.



