Printer-friendly version
Druk
Share this
 

SVO huisves Afrika-jaarvergadering en werkswinkel

Die Skool vir Voortgesette Onderwysersopleiding (SVO) van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het vanaf pas Februarie die jaarlikse vergadering van die African Council for Distance Education se tegniese komitee oor samewerking gehuisves.

SVO Afrikakongres

Verteenwoordigers van verskeie universiteite in Afrika en Suid-Afrika het die jaarlikse vergadering bygewoon. Voor is me. Monge Tlaka (Suid-Afrika), proff Uswege Minga (Tanzanië), Herman van Schalkwyk (kampusrektor), Tolly Mbwette (Tanzanië), Frik van Niekerk (NWU), dr Fred Barasa (Kenia), proff Manie Spamer (NWU-Puk) en Annette Combrink (NWU). In die middel is kol. Lloyd Mwila (Zambië), prof Dele Braimoh (Unisa), dr Johan Hendrikz (Universiteit Pretoria), dr Wilson Mwenya (Zambië), prof Johnson Chaneiywo (Kenia), dr Trudie Frindt (Namibië) en  mnr Justin Nsabimana (Rwanda). Agter is drs Ogidan Rotimi (Nigerië), Bowa Omondi (Kenia), mnr Tony Mays (SA), proff Sabri Beldo (Soedan), John Ngwisha (Zambië), Seugnet Blignaut (NWU-Puk), dr Joseph Diescho (Unisa) en prof Gabriel Kabana (Zimbabwe).


  Dié komitee bestaan uit verteenwoordigers, meestal visekanseliers, rektore of viserektore van universiteite in Afrika wat betrokke is by die aanbied van afstandsonderrig.
  Die volgende lande en universiteite was verteenwoordig by die vergadering, Egerton University en die University of Nairobi van Kenia, University of Namibia, National Open University of Nigeria, Kigali Institute of Education in Rwanda, Open University of Sudan, The Open University of Tanzania, Zimbabwe Open University, Zambian Open University, University of Zambia, Copperbelt University in Zambië, Unisa, Universiteit van Pretoria en die Noordwes- Universiteit.
  Die SVO is volgens getalle die grootste aanbieder van afstandsonderrig naas Unisa.
  Die direkteur, prof. Manie Spamer, sê dit was ʼn waardevolle geleentheid om die SVO en die Noordwes-Universiteit aan die Afrika-verteenwoordigers bekend te stel. Die doel van die vergadering was dan ook om samewerking tussen afstandsonderrig-eenhede in Afrika te bevorder.
   Hy sê voorlopige gesprekke was uiters belowend vir verdere uitbreiding van die SVO se programme in Afrika.
  Die SVO is deur die visekanselier van die Open University Tanzania uitgenooi om twee voordragte tydens die volgende Afrika-kongres te lewer, wat van 12 tot 15 Julie in Dar es Salaam aangebied word.

 Gepubliseer deur Kiewiet Scheppel op 10 Maart 2011.