
Serenaders is streekwenners
Die Serenaders van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit het vanjaar die Noordwes-streekkompetisie gewen en sal in Desember aan die nasionale koorfees in Pretoria deelneem.
Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat die Serenaders deurdring na die eindstryd van die Ou Mutual nasionale koorfees.
|
|
|
Die Serenaders van die NWU-Puk bestaan uit huidige en oudstudente. Hulle neem op 11 en 12 Desember aan die Ou Mutual koorfees in Pretoria deel. |
|
|
|
Die dirigent van die Serenaders, mnr. Katlego Maphakela, en die voorsitter, Comfort Leshomo. |
Die voorsitter van die Serenaders, Comfort Leshomo, sê elf kore het vanjaar in Mafikeng aan die streekkompetisie deelgeneem waar hulle twee liedjies, ʼn Westerse liedjie en ʼn Afrika-liedjie, moes sing. Die Serenaders het die afdeling vir standaard kore gewen.
Leshomo sê die Serenaders het in 1994 ontstaan en hy is sedert 2006 betrokke by die koor. Vanjaar is sy tweede termyn as voorsitter. Hy sê hulle het verlede jaar nie goed gevaar tydens die nasionale fees nie (hulle was negende), maar hy glo hulle sal beter doen aangesien die koorlede ook meer ervare is. Die koor bestaan uit huidige en oudstudente.
Die dirigent van die koor is mnr. Katlego Maphakela, wat ook al twee jaar by die Serenaders betrokke is.
Gepubliseer deur Kiewiet Scheppel op 9 September 2010.




