Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Schutte lewer eersdaags intreerede

Prof_Alta_Schutte_180

Prof. Alta Schutte

’n Trapsuutjies-benadering tot hipertensie is die titel van die intreerede van prof. Alta Schutte van die fakulteit gesondheidswetenskappe wat eersdaags gehou word.
  Schutte is ’n professor van fisiologie en nisarea-leier van die Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART). Haar intreerede sal ’n beskrywing wees van die jongste verwikkelinge in die veld van hoë bloeddruk, asook moontlikhede vir die toekoms, veral binne die Suid-Afrikaanse omgewing waar beroerte ’n algemene verskynsel is.
  Die intreerede word op Vrydag, 30 April om 18:30 in die Konserwatorium in Thabo Mbeki-rylaan gehou.


  Mense wat belangstel om die intreerede by te woon moet voor 15 April bevestig by me. Irma van Niekerk by 018 299 2224 of ’n e-pos stuur aan irma.vanniekerk@nwu.ac.za

 
 

 

 Gepubliseer deur Nikki Nel op 24 Maart 2010.