Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Regsfakulteit ontvang internasionale kundige

Die Falulteit Regte op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus was onlangs die gasheer van ‘n internasionale kundige wat ook die geleentheid aan personeel gegee het om skouers met hom te skuur.

Johan vd Walt_4380

Prof. Johan van der Walt van die Universiteit van Glasgow het ‘n lesing by die fakulteit regte aangebied. Hier is hy saam met die viserektor van onderrig-leer, prof. Mariette Lowes, en dekaan van dié fakulteit, prof. Francois Venter.


  Prof. Johan van der Walt van die Universiteit van Glasgow in Skotland het ‘n HL Swanepoel-lesing aangebied wat ‘n vol lesinglokaal getrek het. Dié gesogte lesingsgeleentheid, wat vernoem is na die eerste dekaan van dié fakulteit, bied die vloer aan kundiges om hul navorsingsveld met belangstellendes te deel.
  Van der Walt wat reeds vir vyf jaar as ‘n professor in Glasgow werksaam is, was vroeër vir tien jaar by die Universiteit van Johannesburg betrokke. Sy belangstelling en kundigheid strek oor ‘n wye spektrum van regsfilosofie en regsteorie.
  Volgens die dekaan van die fakulteit, prof. Francois Venter, was dit ‘n voorreg om ‘n akademikus van sy statuur op die kampus te ontvang. “Dit is deur middel van sulke geleenthede dat ons al hoe meer fokus op die navorsingsgerigtheid van die kampus. Dit is voorwaar ‘n geleentheid om denke en verdere inisiatiewe te stimuleer.”

 Gepubliseer deur Kiewiet Scheppel op 19 April 2011.