Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Pukke kán regmaak – Rudy Joubert

Die NWU-Puk se drag slae Maandagaand teen Ikeys is steeds vir sy afrigter, Rudy Joubert, ’n bitter pil om te sluk en daarom gaan hy seker maak dat kasterolie nie die Puk se voorland aanstaande week teen Tukkies is nie.
  Só het ’n teleurgestelde Joubert dit Woensdagmiddag onomwonde gestel n die Puk 36-8 deur Ikeys verfrommel is.
  “Ons het goed begin en rrig goed gedoen, maar toe staan ons ’n sagte drie af en die ouens se koppe begin hang. Van daar het hulle konsentrasie verloor en dom dinge op die verdediging aangevang. Ons het drie maklike drie afgestaan wat heeltemal onnodig was.
  “Dit was ’n slegte verloor op nasionale televisie en nie ’n goeie vertoonvenster vir die universiteit nie. Die foute wat ons gemaak het, kan wel reggemaak word.”
   Volgens hom kan die Puk se gebrekkige verdediging reeds teen Tukkies uitgestryk wees.
  “Ons gaan baie aandag aan ons verdedigingspatrone skenk en die probleem uitsorteer. Soos ek sê, dit kan reggemaak word. As ons speel soos ons vir 40 minute teen Maties en 20 minute teen Ikeys gespeel het, kan ons Tukkies klop.
  “Ons het ons ondersteuners in die steek gelaat en wil dit Maandagaand regstel.”
• Berig deur Bertie Jacobs.

 Gepubliseer deur Kiewiet Scheppel op 17 Februarie 2011.