
Loopbaansentrum bied uitstallings
Die Loopbaansentrum van die Noordwes-Universiteit bied jaarliks ʼn Loopbaanuitstalling waar studente die geleentheid het om direk met maatskappye te gesels oor moontlike werksgeleenthede en ook wat die industrie behels.
Die uitstalling vind oor drie dae op die Potchefstroomkampus plaas.
Die dae word soos volg ingedeel:
Op 24 Mei word verskeie studievelde (algemeen) gedek. Op 25 Mei word daar gefokus op natuurwetenskappe, ingenieurswese, tegnologie en gesondheidswetenskappe. Op 26 Mei sal maatskappye in die rekeningkunde-veld uitstal.
Die sentrum nooi al die personeel op Potchefstroomkampus om gedurende die tyd ʼn draai te gaan maak om die verskillende maatskappye te ontmoet.
Die Loopbaansentrum het fakulteite en/of skole versoek om indien hulle kontak het met maatskappye, hulle die inligting aan die sentrum sal deurgee, sodat dié maatskappye ook na die uitstalling genooi kan word.
Skakel Bernice Smit by 018 299 2058.
Gepubliseer deur Kiewiet Scheppel op 4 April 2011.


