Koos Vorster benoem op SA Raad vir Godsdiensregte
|
'n Suid Afrikaanse Raad vir Godsdiensregte en vryhede is teen die einde van verlede jaar gestig wat miljoene mense van verskillende tradisies en godsdienste verteenwoordig.
|

|
|
Prof. Koos Vorster.
|
Dié raad het 'n handves van godsdiensregte onderskryf wat na die Parlement geneem sal word om as 'n wet van Suid-Afrika aanvaar te word.
Prof. Koos Vorster, professor in teologiese etiek aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, is aangewys as adviseur om die raad by te staan in die opstel van 'n grondwet en in die voorlegging van die handves aan die Parlement.
Vorster, wat tot einde 2010 direkteur van die Skool vir kerkwetenskappe was, kry hiermee erkenning vir sy kundigheid op die terrein van godsdiensregte.
Hy is NRF-gegradeerde navorser en vir etlike jare lid van die menseregtekommissie van die Verenigde Nasies in Genéve. Hy werk jaarliks vir vier weke daar. Die fokus van hierdie kommissie se werk is die teologiese etiek, met aandag veral aan godsdiensvryheid, vervolging en veronregting wêreldwyd.
|
Gepubliseer deur Kiewiet Scheppel op 19 Januarie 2011.