
Ingenieurs-professors deel hul kundigheid
Prof. Frans Waanders, direkteur by die Skool vir chemiese- en mineraalingenieurswese het die 4th International Freiberg Conference vroeër vanjaar in Dresden, Duitsland bygewoon waar hy ʼn voordrag gelewer het en verkies is op die raad van dié konferensie.
|
|
|
Proff. Frans Waanders (middel) en Quentin Campbell (regs) in ligte luim saam met 'n oudkollega, prof. Leon Lorenzen van Stellenbosch Universiteit, wat nou in Australië woon. |
Waanders het ook twee voordragte gelewer by die 25th International Minerals Processing Conference in Brisbane, Australië wat hy in September bygewoon het.
Prof. Quentin Campbell, medeprofessor by die Skool vir chemiese- en mineraalingenieurswese het vroeër vandeesmaand saam met Waanders die 4th International Minerals Processing Symposium in Cappadocia, Turkye bywoon waar beide ʼn voordrag gelewer het. Hulle het kort daarna na die International Pittsburgh Coal Conference in Istanbul, Turkye gereis wat van 11 tot 14 Oktober plaasvind. Albei het ook by dié konferensie voordragte gelewer. Waanders dien ook al ‘n geruime tyd op die raad van dié konferensie.
Beide dosente het ook die Universiteit van Newcastle, Australië in September besoek om ‘n moontlike samewerkingsooreenkoms te bewerkstellig. Albei universiteite is vooraanstaande kenners op die gebied van steenkool en sal nie net die akademici en industrie nie, maar ook studente voordeel kan trek uit so ‘n ooreenkoms.
Gepubliseer deur Kiewiet Scheppel op 18 Oktober 2010.



