NWU, Potchefstroomkampus, Nuus: http://cms-lnx1.nwu.ac.za:8080/opencms/nwu/p-news/images/PUK_Atlete_14.jpg

Puk weer USSA-kampioen

Van Springbok tot Kaap Agulhas, Port Alfred tot Kosibaai, dan Musina en al 1 221 037 km² tussen in: daar is nie ’n beter atletiekklub as die NWU-Puk s’n nie.
  Die NWU-Puk het die onlangs by Coetzenburg in Stellenbosch hul kroon as die Suid-Afrikaanse-atletiekbyeenkoms-kampioen (USSA) met welslae verdedig deur 37-pare voete op die podium te kry. 

PUK Atlete 14

  Dit sluit elf goue medaljes, dertien silwer en dertien brons in.
  Die Puk se manspan het eerste geëindig en hul vrouespan tweede om met die louere as algehele wenners weg te stap.
  Tukkies was tweede, UJ derde, Kovsies vierde en die Maties vyfde.
  Sedert die eerste USSA-byeenkoms in 1994 het die Puk al op nege geleenthede koning gekraai, met die manspan wat dié kompetisie sewe keer gewen het en die vrouespan ’n voortreflike nege keer.  
  “Dit was ’n ongelooflike spanpoging van al die deelnemers en afrigters. Een persoon kan nie ’n simfonie fluit nie, dit verg ’n orkes om dit saam te vermag,” het Terseus Liebenberg, atletiekbestuurder, gesê.
  Een atleet wat ’n hoë noot getref het, was Patience Ntshingila wat die verspring én driesprong vir vroue gewen het.
  Waar die Gautengers in die verlede die hamergooi gedomineer het, kan Basie Koen vandag met ’n breë, tienpond-glimlag sit.
  Twee atlete uit sy stal, Thehann van Niekerk en Nanette Stapelberg, het goud in dié dissipline gewen.
  Maar, wat dan van Tumelo Thagane, Edwin Malepo, Simon Magakwe, André Olivier, Dean Wattrus en Bernard Crous?
  En, Justine Robbeson wat met haar laaste spiesgooi van die dag diep moes delf om Sunette Viljoen verby te steek om goud by haar silwer in die gewigstoot te voeg?
  Dean Brummer en Gert Manora se onuitputbare gô…  dit is ’n gróót orkes om te noem.  
  Boonop gaan vyf Pukke, Inge Kotzé (20km stap), Ruan Wessels (20km stap), Liesl de Swardt (spiesgooi), Dean Goosen (spiesgooi) en Shaun van Wyk (400 m-hekkies) Suid-Afrika van 12 tot 15 Mei tydens die Junior Afrika-wêreldkampioenskappe in Botswana verteenwoordig.
  Hulle word deur Gimmies se wünderkind, Roelf Pienaar (verspring), vergesel.
Berig deur Bertie Jacobs.

PUK Atlete 05

PUK Atlete 07

PUK Atlete 08

 Gepubliseer deur Kiewiet Scheppel op 12 Mei 2011.