
Bestepraktyk-riglyne leerinstituut by Skool vir Verpleegkunde
Van 17 tot 21 Januarie 2011 het die Skool vir Verpleegkunde as gasheer opgetree vir die eerste Afrika Bestepraktyk-riglyne leerinstituut wat deur verteenwoordigers van die wêreldleiers op hierdie gebied aangebied is, naamlik die Geregistreerde Verpleegstersvereniging van Ontario (Registered Nurses Association of Ontario – RNAO), en personeel van die Skool vir Verpleegkunde van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.
|
|
|
Van die verpleegkunde-opvoeders, praktisyns en bestuurders wat die leerinstituut bygewoon het. |
Ag en dertig verpleegkunde-opvoeders, praktisyns en bestuurders vanoor die hele Suid-Afrika het die weeklange geleentheid bygewoon. Sommige van die onderwerpe wat bespreek is, was die dinamiek van getuienisgebaseerde verpleegpraktyk, en die metodologie van die ontwikkeling van bestepraktyk-riglyne. Riglynimplementering in kliniese praktykopsette wat ‘n sistematiese veranderingsproses volg, en individuele, organsasie- en stelselstrategieë asook die evaluering van implementeringsprogramme is ook bespreek.
Volgens terugvoer wat ontvang is, het die deelnemers die leerinsituut besonder leersaam gevind en almal het hiervandaan vertrek met aksieplanne om getuienisgebaseerde praktyk in hul werkplekke te verbeter. Waardevolle vennootskappe is aangegaan en opvolgwerkswinkels en voortgesette samewerking is beplan.
Gepubliseer deur Kiewiet Scheppel op 17 Februarie 2011.



