
NAVORSINGSONDERSTEUNING Navorsing mobisite
Steun aangebied
Die Institusionele Departement vir Navorsingsondersteuning (DNO) is die adres vir alle navorsingsadministrasie en ondersteuning en bied gespesialiseerde personeelfunksies om navorsing en gevorderde akademiese onderrig in simbiose te stimuleer.
Die doelwitte van die DNO is die volgende:
-
Fasiliteer die ontwikkeling en verskaf bystand met die implementering van die navorsingsbeleid, -strategie en -prosesdokumente, insluitend die koördinering van die implementering van die navorsingsentiteitsmodel, aansporingsmaatreëls en toekennings vir navorsers.
-
Kommunikeer en rapporteer oor navorsingsverwante inligting, insluitend prestasieparameters en maatstawwe deur middel van die bestuur van die RIMS/Info-Ed en departementele navorsingsdatabasis, asook deur bemarking van navorsing.
-
Verskaf ’n doeltreffende navorsingsondersteuningsdiens wat totale kwaliteitbestuur vir navorsingsondersteuning verseker, insluitend die fasilitering van toepassings van navorsingsetiek, NWU-navorsingstoerustingsprogram, die administrasie van alle staatsgesubsidieerde navorsing en subsidie-eise en die doeltreffende evaluering van navorsing – intern sowel as ekstern.
-
Ondersteun die doeltreffende en optimale aanwending van die NWU se navorsingsfondse, insluitend befondsingsgeleenthede, aansoeke (voor-toekenning) en toewysing (na-toekenning) van fondse, en die bestuur, monitering en rapportering van alle navorsingsfondse aan die NWU
-
Fasiliteer die ontwikkeling van die navorsingskapasiteit van akademiese personeel deur middel van die verbetering van die kwaliteit van aansoeke, navorsing-verwante opleiding en promosie van postdoktorale genote.


