Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Laureus

Aktiwiteite

SJGD

SJGD

SJGD staan vir Studentejool-gemeenskapsdiens. Laureus het vir die afgelope 3 jaar 'n plaasskool gehad as projek waaraan daar baie verbeteringe aangebring is. Daar is die afgelope 2  jaar (2007 en 2008) 'n algehele 1ste plek behaal met SJGD en in 2009 ‘n tweede plek, en is op die regte pad om weereens dié resultaat te kry met die nuwe projek, 'n kleuterskool. Laureus se SJGD bou karakter en gee aan elkeen die geleentheid om iets van terug te gee. "As jy van jou besittings gee, gee jy maar min. Dis wanneer jy van jouself gee, dat jy werklik gee." Die hoogtepunt vir SJGD is die jaarlikse gemeenskapsprojek, waar Laureus laas jaar toilette laat inbou vir die kleuters. Daar is ook ander projekte waar laureus blikkies kos insamel en aan arm mense gee. Hier by laureus is ons harte groot en ons arms nog grooter want as jy met ‘n oop hart gee maak dit ‘n groot verskil in iemand anders se lewe.