Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Laureus

Eerstejaars

 

Verwelkomingsbrief

Beste Eerstejaar

Baie geluk tot jou insluiting in Laureus Manskoshuis – Die Huis van die Buffel.  Ek hoop jy besef jy is bevoorreg om deel te wees van die eerste groot eerstejaarsgroep in Laureus se  geskiedenis wat bestaan uit 73 studente.  Ons koshuis se fondament is gegrond op ons visie en waardes en in Laureus streef ons om dit te bereik in alles wat ons as ’n koshuis aanpak.

Ons is n koshuis wat God ten alle tye eer en daarom is dit vir my belangrik dat wanneer jy in Januarie hier aankom, jy met ’n oop gesindheid en gemoed die geleentheid met alles in jou aangryp.  Dit gaan nie maklik wees nie, maar die lewenslesse en broederlike bande wat jy gaan leer en smee, gaan by jou bly vir die res van jou lewe.

Ek sien uit om elkeen van julle persoonlik te leer ken en ’n pad saam met julle te stap.

Hoe meer probleme 'n mens teëkom, hoe meer betekenisvol en inspirerend sal jou lewe wees.

Sien jou in Januarie

Tim van As

Primarius

072 485 5695