|
Brief aan voornemende eerstejaars van Stephni van der Merwe eerstejaars HK-lid
O&B is 'n tydperk waar eerstejaars georiënteerd en bekend gestel word aan die Puk kampus.
Dit is 'n gulde geleentheid vir ons as HK om die nuwe eerstejaars bloot te stel aan die leefwyse en tradisies wat Kasteel 'n unieke en uitstaande koshuis op kampus maak.
Eerstejaars word byvoorbeeld gehelp met registrasie, blootstelling van die kampus en hoe die sisteme werk.
Dit gee ok vir die eerstejaars 'n geleentheid om hul mede Kasteliete te leer ken en vinng-vinnig 'n klomp vriendinne by te kry.
Meeste aktiwiteite wat tydens O&B plaasvind word saam met ons sleepkoshuis gedoen.
'n Sleepkoshuis is 'n mans koshuis saam wie jy die jaar JOOL, Toneel, Bingle-Sér en nog vele meer doen.
Ons sleepkoshuis vir die jaar is Hombré Manskoshuis.
Daar vind ook lekker aksies met ander koshuise tydens O&B plaas, wat interaksie met ander dames- en manskoshuise vir die eerstejaars verseker.
Verder behels die portefeulje om eerstejaars by te staan en te lei tydens hul eerste jaar op die NWU-PUK.
Om 'n ondersteuningsbasis te vorm en 'n fondament te lé waarop hulle kan voortbou om te verseker dat die volgende paar jaar die beste jare van hulle lewe sal wees.
Dinge om te weet voor jy NWU-PUK toe kom:
Om 'n NWU-PUK te wees is om 'n NWU-PUK te groet.
Die SS gaan jou tweede tuiste wees (na O&B)... beter bekend as die Hennie Bingle Studentesentrum.
Die SR is die Studenteraad. Hulle is die NWU-PUK se "leerlingraad".
Die Sanlam-Ouditorium is 'n plek waar jy baie van jou tyd gedurende O&B gaan spandeer.
'Aksie' is die sleutelwoord vir alles wat op die NWU-PUK gebeur.
Sêr: Middernagtlike aksies uit 'n ander wêreld. Die mans sing vir die dames en andersom en dan drink almal saam koffie na die tyd.
JY MAG NIE met 'n senior man flirt nie! Die seniordames raak BAIE ontsteld!
DOOR: dis die woord wat jy die meeste gaan hoor in jou eerste maand op die NWU-PUK. Tydens O&B word daar na al die eerstejaarsdames verwys as dore.
|