 |
Dzata
Dzata is op die eerste vloer in Heide en staan bekend as "Die goeie plek." Dzata is 'n gang met baie trots, sterk en ou tradisies wat gewoond is aan wen. Dzata is sterk in akademie, sport en kultuur, maar geniet die sosiale geleenthede net so baie. Om op Dzata te wees is 'n eer en 'n voorreg, want eenkeer op Dzata- altyd op Dzata.
|
 |
Esperança
Esperança is die gang van hoop met 'n deurlopende gangtema as Chinese. Die gang is die tweede vloer in Heide en het elke jaar hulle tradisionele Dof aksie en Chinese aksie waar die meisies net lekker saam kuier. Esperança is kompetisie vir elke ander gang in die koshuis aangesien hulle elke jaar so goed presteer.
|
 |
Cool Runnings
Hierdie gang is vernoem na die fliek met dieselfde naam. Dit is daarom dat ons tema Jamaica is en dat die gang kleure geel, groen en rooi is. Ons het heelwat tradisies en jaarlikse aksies wat almal betrek en waar al die gang se inwoners lekker saam kuier. Die mense op die gang en al die aktiwiteite is gebalanseerd en divers. Op Cool Runnings, is dit vir ons belangrik om onsself te geniet in alles wat die koshuis aanbied maar nogsteeds op ons beste te presteer. Yah Man!!
|
 |
Wild West
Wild West is verseker die gang met die meeste tradisies in Heide, ongelukkig mag daar nie daaroor uitgebrei word nie, want Wild West praat nie uit nie! Met Wild West as middelpunt van Heide op die vierde vloer kan mens verstaan hoekom die gang hulle eie parlement het met 'n President en verskeie ministers op die gang om die gang die beste gang te maak!
|
 |
Phenomenal
Simply the BEST. Phenomenal is op vloer vyf geleë in Heide en staan bekend as die padda gang waar elke senior haar eie Diva naam het. Dit is ‘n gang met baie lekker tradisies en baie pret. Ons spog graag met uitmuntende prestasies en is een lekker groot familie. Liefde is ons fondasie en vreugde ons kenmerk.
|
 |
Dè já vu
Op Heide se sesde vloer vind jy die diverse, gebalenseerde, entoesiastiese dames van Heide. Die gang staan terug vir niemand nie en aangesien dit die jongste gang in die koshuis is, is hulle verseker nog die mense met die meeste lewenslus en energie. Dè já vu beteken "a rainbow of memories", en as jy eers jou op die gang jou tuiste gevind het sal jy net kleurvolle herinnering agter laat.
|
 |
Emoyeni
Emoyeni is 'n Belewenis...wat kan ons sê?
Gang sewe in Heide is die hoogste gang in die Noordwes-provinsie,met die beste vissie-liedjies om te sing en wat op ander mag "reën"!!
Emoyeni is hoog daar bo waar ons die mooiste ‘sunsets’ en ‘sunrises’ kan beleef!
Heide is 'n koshuis onder Emoyeni.. hehe letterlik!!
|